Let Wel

Getuigskrifte

2 min lees tyd
18 Februarie 2016 deur Virseker

Sonder ons kliënte se kommentaar sal ons nooit weet waar om te verbeter nie of wat hulle van ons dink nie. Lees bietjie hier onder en sien wat oor ons gesê word.

 

"Ek wil graag julle geluk wens met die beste kliënte diens wat ek al mee te doen gekry het. My ondervinding met julle was absoluut briljant. Ek het begin van September op 'n Vrydag oggend begin rondsoek vir 'n Versekerings Maatskappy, vinnig 'n ogie gegooi op julle webblad en my besonderhede voltooi. Binne 5 minute het 'n baie vriendelike man my gekontak en met my in Afrikaans begin praat en uitvra oor wat ek opsoek voor is. Soos ek vrae beantwoord het, asook gevra het, het hy my geduldig verseker en gerus gestel oor wat ek benodig. Hy het toe met die moterhandelaars kontak gemaak en self al die administratiewe werk afgehandel. Ek het my motor nog dieselfde middag gaan haal en met 'n gerustellende hart daar weg ry. VIRSEKER verdien verseker 'n 5/5 punte van my af. Ek sal julle vir enige iemand aanbeveel. Nie net is hulle bekostigbaar nie, maar ek weet presies wat my premies is en waarvoor ek gedek is. Dit was my eerste motor wat ek koop en ek was baie onseker en bang, maar te danke aan julle, het ek alles spoedig uitgesorteer. "

 

"Ek gee Virseker ‘n volle 5/5 vir goeie diens en ‘n wonderlike produk.  Die grootste rede vir my hoë gradering is die feit dat almal met my AFRIKAANS praat, nie omdat ek nie Engels kan praat nie, maar bloot omdat dit aangenaam is om in my eie taal bedien te word! Gevolglik hoef die besonderhede van jou eis of die probleem waarmee ek sukkel nie oor en oor herhaal te word nie – DIT is diens in my oë. Ons is aan Virseker bekendgestel by Skouspel 2013 en my man dra nou nog die pet wanneer hy gaan hengel, wat hy daar ontvang het met die naam Virseker daarop.  Die pet word met trots gedra en daardeur is Virseker al aan vele vriende en familie bekend gestel en aanbeveel."

 

"Virseker gee ek 5 punte. Hulle is altyd daar wanneer jy hulle nodig kry. En dan gee Virseker ook Beurse aan kinders wat verder wil studeer. Virseker is die beste. Bepalings en voorwaardes gelees en verstaan."

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!

Verwante Blogs