Let Wel

Die TIH se “Onmiddellike Aftrekking” Kompetisie

Telesure Investment Holdings (Edms) Bpk (TIH) Registrasienommer: 1998/013847/07, ʼn gelisensieerde beheermaatskappy van die volgende gemagtigde versekeraar en finansiële diensverskaffer – Virseker Versekeringsmaatskappy Bpk, is die borg van die “onmiddellike aftrekking” kompetisie, wat 2 x R5000 se kontantpryse gaan weggee. TIH se geregistreerde kantoor is by Auto & General Park, Telesurelaan 1, Riverglen, Dainfern, 2191.

 

  1. Die kompetisie skop af op 15 September 2021 en sluit op 15 Oktober 2021, insluitend beide dae. Geen verdere inskrywings sal na hierdie datum toegelaat word nie.
  2. Alle nuwe polishouers, wie se aanvangspremie betaalbaar is en die aanvangspremie suksesvol deur dieselfde-dag aftrekking betaal, mag aan die kompetisie deelneem.
  3. Die kompetisie is nie oop vir-

3.1. direkteurs, lede, vennote, agente, werknemers of konsultante van TIH en/of enige van hulle geassosieerde of geaffilieerde maatskappye en/of agentskappe of enige verskaffer van goedere of dienste in verband met ʼn kompetisie nie; en

3.2. die gade, lewensmaat, besigheidsvennoot of medewerkers, of die natuurlike of aangenome ouer, kind, broer of suster, of enige persoon hierbo gespesifiseer.

  1. As jy reeds ʼn kompetisie, deur TIH affiliasies bevorder, gedurende die afgelope drie maande gewen het, mag jy nie aan ʼn kompetisie deelneem nie of in aanmerking kom om te wen nie. Jy sal in aanmerking kom om aan ʼn kompetisie deel te neem, wat deur TIH affiliate bevorder is, na die verval van drie maande na die datum waarop jy die laaste kompetisie gewen het.
  2. Om vir die kompetisie in te skryf moet deelnemers die volgende doen:

5.1. ʼn Nuwe polis met ʼn gemagtigde Motorhandelaar uitneem met ʼn geldige tussenganger   ooreenkoms met enige van die TIH Kort-termyn Versekeraars of ʼn nuwe polis met een van die TIH Kort-termyn Handelsmerke soos volg:

  • Virseker (ʼn produk van Auto & General)

5.2. Die aanvanklike premie van die polis moet deur dieselfde-dag aftrekking betaal word.

5.3. Die polis moet nog steeds aktief wees wanneer die wenners getrek word.

6. Jy is vir elke nuwe polis, wat jy tussen 15 September 2021 en 15 Oktober 2021 uitneem,      ingeskryf vir die trekking. 

7. Die wenners sal willekeurig gekies word en sal elk R5000 prysgeld ontvang.

8. 2 gelukkige wenners sal oor alle versekeringshandelsmerke en vennoothandelaars gekies word. Die gelukkige wenners sal soos volg opgedeel word:

  • 2 wenners van Virseker (ʼn produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk)

Wenners sal op 1 November 2021 aangekondig word.

8. Enige addisionele kostes of uitgawes wat jy aangaan anders as die gespesifiseerde kostes wat genoem en ingesluit is in die prys, is vir jou eie rekening. TIH neem geen verantwoordelikheid vir enige kostes of uitgawes wat jy of jou metgesel (indien van toepassing) aangaan tydens die verloop van die kompetisie en inskrywing en jou aanvaarding en/of gebruik van ʼn prys.

9. Die prys is nie oordraagbaar of uitruilbaar nie.

10. Die verantwoordelikheid en kostes lê by jou om al die nodige dokumente en toestemming te verkry om die prys(e) te ontvang en te kan gebruik. Hierdie dokumente en toestemming moet geldig bly in die minimum vorm en vir die nodige tydperk na die prysdatum soos voorgeskryf deur die toepaslike owerhede.

11. TIH mag vereis dat jy sulke addisionele inligting en dokumentasie soos wat ons redelikerwys benodig om jou aanvaarding en/of die gebruik van ʼn prys te verwerk, bevestig en te fasiliteer. As jy sou weier om die versoekte inligting of dokumentasie aan ons te gee, sal jy die prys verbeur.

12. TIH sal die wenners telefonies skakel om die oordrag van die prys te organiseer.

13. Sou ʼn wenner nie in 24-uur telefonies deur TIH of ʼn derde party verskaffer en binne 30 dae van die kennisgewing bereik word nie, sal die wenner die prys verbeur en TIH die reg behou om ʼn nuwe wenner onder dieselfde voorwaardes te trek.

14. Jy mag nie ʼn prys wen as dit onwettig vir TIH is om so ʼn prys aan jou te verskaf nie. As jy so ʼn prys wen sal jy dit verbeur.

15. Indien jy nie aan enige van die bepalings en voorwaardes voldoen nie, kan ons sonder benadeling van enige ander middel wat TIH besit, jou outomaties diskwalifiseer, wat beteken dat jy die prys sal verbeur (indien jy klaar ʼn prys gewen het).

16. Jou inskrywing vir die kompetisie en/of jou aanvaarding van ʼn prys (in die geval dat jy ʼn prys wen) beteken jou bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes.

17. As jy ’n selfoon gebruik om in te skryf vir die kompetisie, sal jou standaard netwerktariewe vir telefoonoproepe/teksboodskappe/datagebruik geld. Dit mag van tyd tot tyd verskil. Jou “vernietminute” onder jou selfoon kontrak geld nie. 

18. TIH en ons geaffilieerdes neem geen verantwoordelikheid vir enige beserings of skade aan jou of enige ander persoon se rekenaar, selfoon of ander toestel wat gebruik word tydens die inskrywing van hierdie kompetisie of wanneer jy addisionele materiaal vir hierdie kompetisie bekom nie. 

19. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy vir hierdie kompetisie aan TIH gee, nie ongeldig, onakkuraat, en vals of misleidend is nie, indien wel, sal jou inskrywing verwerp word en sal jy geweier word om vir enige verdere TIH kompetisies vir ʼn vasgestelde tydperk in te skryf, soos deur TIH bepaal.

20. TIH gee geen waarborg of vertoë, hetsy uitdruklik of implisiet, in verband met die prys nie asook in besonder maar nie uitsluitlik nie dat:

20.1. jou deelname of inskrywing in die kompetisie sal beteken dat jy ’n prys wen nie; of

20.2. ʼn prys asook die dele daarvan aan jou voorkeure, standaarde of verwagtinge sal voldoen nie.

21. TIH en ons geaffillieerdes neem geen verantwoordelikheid vir enige nadelige effekte, skade, verlies of eis met die ontvangs van ʼn prys of enige elemente daarvan nie, asook vir enige veranderinge aan ʼn prys wat enige tyd gemaak word nie.  

22. Pryse kan nie oorgedra, uitgestel, verander of omgeruil word vir enige ander item nie.

23. TIH mag jou nooi om teenwoordig te wees wanneer die pryswenners bepaal en aangekondig word, om aan enige van ons bemarkingsaktiwiteite deel te neem, om in persoon in elektroniese en/of gedrukte advertensies te verskyn, en/of enige van ons items of dienste te onderskryf, bevorder of adverteer waarvoor geen fooi, tantieme of ander vergoeding betaalbaar is nie. Jy mag so ʼn uitnodiging afwys.

24. TIH asook die derdeparty verskaffer behou die reg om beide die kompetisie en die prys(e) of enige aspekte daarvan te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer enige tyd sonder enige kennisgewing vir enige rede wat ons nodig ag. In die geval dat die bogenoemde plaasvind, stem jy in om afstand te doen van alle regte, belange en verwagtinge wat jy in verband met hierdie kompetisie mag hê en erken dat jy geen eis teen ons, ons geaffillieerdes en derde party verskaffers sal hê nie.

25. Jy stem in daartoe dat jou deelname aan die kompetisie, asook jou aanvaarding en / of die gebruik van ʼn prys, of enige aspek daarvan, op jou eie risiko is.

26. TIH en ons geaffillieerdes neem geen verantwoordelikheid en neem geen aanspreeklikheid vir enige verlies, aanspreeklikheid, besering, uitgawe of skade nie (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestrawwende of gevolglike) van enige aard, weens  nalatigheid of enige ander oorsaak, rakende jou en / of jou metgesel (indien van toepassing) se deelname aan die kompetisie en / of die aanvaarding en / of gebruik van die prys en / of die optrede van ons binne die perke van die bepalings en voorwaardes. 

27. In die geval van jou dood of die van jou familie, afhanklikes, erfgename, afgevaardigdes of enige ander begunstigdes van jou boedel, stel jy ons en ons geaffillieerdes vry van enige eise van enige aard hetsy as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige besering, verlies, aanspreeklikheid, koste en / of skade wat jy mag ly, ongeag die oorsaak wat deur jou en / of jou metgesel (indien van toepassing) met betrekking tot jou inskrywing in hierdie kompetisie en / of aanvaarding en / of gebruik van die prys teen ons in gesit is.

28. Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van ʼn prys onderhewig is aan die voorwaarde dat:

28.1. al die bepalings en voorwaardes vir beide jouself en jou metgesel (indien van toepassing) geld en dat julle albei instem om daartoe gebind te wees, daaraan sal voldoen en sal voortgaan daarmee;

28.2. jy volle verantwoordelikheid neem vir jou metgesel;

28.3. jy stel ons en ons geaffilieerdes vry van enige eis deur jou metgesel of enige derde party in die geval dat jou metgesel enige verlies of skade ly ten opsigte van jou metgesel se aanvaarding en / of gebruik van ʼn prys.

29. Deur aan hierdie kompetisie deel te neem stem deelnemers daartoe in om bemarking en/of promosie inligting van TIH en/of enige van hul geassosieerde of  geaffilieerde maatskappye deur direkte bemarking, insluitend elektroniese kommunikasie te ontvang. Geen deelnemer of wenner van hierdie kompetisie is onder enige omstandighede verplig om ‘n versekeringskontrak met TIH geaffillieerdes en/of hul geassosieerde of geaffilieerde maatskappye uit te neem nie.

30. Vir hierdie doeleindes beteken “geaffilieerde” TIH se vennote, mede-bevorderaars en borge van die kompetisie, ons gesubsidieerdes en onderskeie beheermaatskappye, die gesubsidieerdes van die beheermaatskappye en ons en hulle direkteurs, amptenare, werknemers, agente en verteenwoordigers.

31. Hierdie bepalings en voorwaardes word uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing in ooreenstemming met die kontrakwette en geskilbeslegting in die Republiek van Suid-Afrika.

32. TIH en die beoordelaars se beslissings rakende enige kwessies te doen met hierdie kompetisie en bepalings en voorwaardes is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

33. Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ’n gemagtigde versekeraar en finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354), Enige verwysing na “ons”, “met” en “deur” verwys na Auto & General.