Let Wel

Weet wat gedek word deur huisinhoud- en draagbare goedereversekering

2 min lees tyd
Versekerings wenke 24 Januarie 2020 deur Virseker

Hoe verseker ‘n mens dinge wat binne is, en binne bly… en dinge wat binne is, maar soms buite bly? Huisinhoud versekering en draagbare goedere versekering veroorsaak soms verwarring van Babelse proporsies!

Huisinhoudversekering dek alles wat sou uitval indien jy jou huis, motorhuis en buitegeboue se dakke sou afhaal en hulle sou omkeer: jou meubels, huishoudelike elektroniese ware, ornamente… Alles wat binne die huis is wat nie gereëld elders geneem word nie.

Draagbare goedereversekering, darinteen, dek die dinge wat jy gereëld saam met jou neem, soos jou selfoon, skootrekenaar, tabletrekenaar, kamera, handsak, horlosie en juwele.

Indien jy onseker is oor wat jou huisinhoud en draagbare goedere versekering dek en wat nié, gaan dit met jou versekeraar na net om dubbel seker te maak.

Dis ‘n slim idee om die inventaris van huisinhoud en draagbare goedere wat jy laat verseker so gedetailleerd as moontlik aan jou versekeraar deur te gee en om hierdie inventaris minstens een maal per jaar op te dateer.

 

Virseker. Jou versekering. Jou mense. Jou taal.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!