Let Wel

Versekerde waarde teenoor vervangingswaarde

2 min lees tyd
Versekerings wenke 24 Januarie 2020 deur Virseker

Daar’s beslis beter verrassings as om uit te vind dat jou versekeringseis silwer munte uitbetaal, terwyl jy ‘n hele klomp oranje note, en ‘n ekstra nier, benodig om jou besittings te vervang.

Maak dus dubbel seker dat die versekerde waarde – die bedrag waarteen jou besittings verseker is - in lyn is met die vervangingswaarde - oftewel die bedrag wat dit jou sou kos om dit teen vandag se pryse te vervang.

Dis ook slim om jou te vergewis van enige bybetalings wat in jou polisdokumentasie gespesifiseer word. ‘n Laer bybetaling beteken gewoonlik ‘n hoër maandelikse premie, terwyl ‘n hoër bybetaling jou meer sien opdok wanneer jy wel eis, maar jou ‘n hele paar rand op jou maandelikse premie kan spaar.

 

Gesels met jou versekeraar om die beste balans te kry wat jou sak sal pas!

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!