Let Wel

Slaggate wat ’n kleinsakeonderneming kan sink

2 min lees tyd
Versekerings wenke 12 Februarie 2020 deur Virseker

Slaggate wat ’n kleinsakeonderneming kan sink

Om jou eie besigheid te begin of te bedryf, hetsy ’n eenmansaak van jou huis af of enige kleinsakeonderneming sit nie in enigeen se broek nie. Dit verg baie moed, opoffering en deursettingsvermoë. Vir diegene wat hul eie onderneming begin het of dit oorweeg, word dit dikwels gebore uit ’n passie vir iets, ’n weldeurdagte besluit of soms selfs toeval! Maar watookal die rede, dit is die begin van ’n nuwe hoofstuk wat bepalend kan wees van hoe die res van jou lewe uitdraai. Ja, dit is opwinded en vreesaanjaend terselfdertyd, terwyl dit aanvaklik finansieel baie druk op ’n persoon kan plaas voor jy die vrugte van jou harde arbeid pluk.

 

Daar is reeds soveel faktore wat entrepreneurs in gedagte moet hou, soos die saamstel van ’n sakeplan, marknavorsing, die registrasie van die onderneming en ook wat die belastingimplikasies is – om net ’n paar te noem. Boonop is dit belangrik om ook oorhoofse kostes so laag as moontlik te hou. Tog is die een ding wat die meeste mense ongelukkig (met die klem op ongeluk!) nie altyd dadelik in gedagte neem nie, dat jy van die intrapslag dalk besigheidsversekering benodig. So ‘n versekeringspolis kan jou die nodige gemoedsrus gee om ‘n paar besigheidsslaggate op die pad na sukses te vermy.

 

Persoonlike korttermynversekering is onvoldoende

Dikwels dink iemand wat ’n nuwe onderneming sommer uit die garage gaan bedryf, dat die standaard korttermynversekering wat in ’n persoonlike hoedanigheid uitgeneem is, voldoende is. Tog is dit meestal nie die geval nie. As jy jou woning gebruik om as basis vir jou onderneming te dien, dan is dit raadsaam om dadelik met jou makelaar of versekeraar in verbinding te tree om seker te maak jy het die regte tipe dekking, want dit kan jou duur te staan kom as jy nie het nie.

 

Aanspreeklikheid kom klop onverwags aan die deur
Moet ook nie dink net omdat dit jy is wat vir die onderneming werk dat jy nie aanspreeklikheidsversekering nodig het nie. Hierdie tipe dekking is noodsaaklik, maak nie saak hoe groot of klein jou onderneming is nie. Só kan ’n direkte of indirekte nalatige aksie weens jou (of ’n werknemer) se toedoen jou onderneming, wat nog skaars op sy voete gekom het, oornag kelder. Jou onderneming kan ook regsverdedigingkostes in die gesig staar as gevolg van regsaksie wat teen jou as sake-eienaar of enige van jou werknemers aanhangig gemaak word.

 

Jou waardevolste bate is dalk jouself

Dikwels vergeet ’n besigheidseienaar om homself as ’n bate te erken. Ja, jy is waarskynlik jou onderneming se waardevolste bate, want wat sou die finansiële impak op die besigheid wees indien jy as sleutelpersoneellid sterf of permanent ongeskik raak? Dit is dus baie belangrik om ook ondersoek in te stel na sleutelpersoonversekering, wat ’n tipe ongeskiktheid- of lewensversekering is wat die onderneming op sleutelpersoneellede kan uitneem. Met dié versekering kan die onderneming voortgaan of finansiële gemoedsrus vir personeel skep. 

 

Onvoorsiene gebeure kan rampspoedig wees

Die basiese doel van enige versekering is om om gemoedsrus te gee as die noodlot tref. Onvoorsiene gebeure kan jou sakebedrywighede tot ’n skielike stilstand dwing wat weer die inkomstekraantjie dadelik kan laat droog loop. Dit kan veral vir ’n klein onderneming moeilik wees om te herstel van groot onvoorsiene gebeure. Besigheidonderbrekingsversekering, ook bekend as die verlies van winste dekking, sal ’n onderneming dek in geval van verlies aan inkomste ná ’n ramp.

 

Virseker se besigheidsversekeringsportefeulje sluit dekking vir meer as 700 tipe besighede in. Of jy nou die eienaar van ’n loodgieterbesigheid of bloemiste is, ons top prioriteit is om altyd daar te wees vir jou besigheid en jou toe te rus met nommerpas produkte vir jou spesifieke besigheidsversekeringsbehoeftes. Ons is daar wanneer jy die fondasie van ’n nuwe besigheid lê, en ook wanneer jy al ’n paar jaar handel dryf.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!