Let Wel

Onderhou jou motor deeglik

2 min lees tyd
Versekerings wenke 24 Januarie 2020 deur Virseker

Swak onderhoud kan enige motor, oud of nuut, vinnig in ‘n doodskis op wiele laat ontaard – iets wat nie alleen opdraandepad vir jou versekeringseis kan veroorsaak nie, maar jou en jou geliefdes, sowel as ander motoriste, julle lewens kan kos.

Dinge soos die wiele, bande, wielbalansering- en belyning, die remme, veringstelsel, windskerm, ruitveërs, veiligheidstelsels, elektriese stelsel, bakwerk en bybehore moet gereëld nagegaan word om te verseker dat jou voertuig een honderd persent padvaardig is.

Dis veral belangrik voordat jy die langpad aandurf.

Die beste raad is proaktiewe, voorkomende onderhoud: om jou voertuig gereëld deur ‘n kenner te laat nagaan en dit volgens die vervaardiger se spesifikasies – deur ‘n erkende diensverskaffer - te laat versien vir volkome gemoedsrus.

 

Virseker. Jou versekering. Jou mense. Jou taal.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!