Let Wel

Neem kennis van die bepalings en byvoordele van jou versekeringspolis

2 min lees tyd
Versekerings wenke 24 Januarie 2020 deur Virseker

Geen gat in jou sak brand erger as ‘n onnodige een nie. Dié brand wat jy voel wanneer jy ‘n ding goedkoper of selfs gratis kon kry, maar ten duurste daarvoor betaal het.

Gaan jou versekeringspolis na vir enige byvoordele wat gratis of teen ‘n nominale bedrag aan jou gebied word, soos padbystand, wegsleepdienste, huisbystand (vir dienste soos loodgieters, elektrisiëns, vensterpassers en slotslypers), sowel as mediese-, regs- en traumabystand en selfs vermaaklikheidsbystand… en maak daarvan gebruik.

Maak seker dat jy jou versekeraar se noodnommer altyd byderhand het.

Gaan ook die res van jou polisdokumentasie deeglik na sodat jy in fyn besonderhede kennis dra van jou dekking, bepalings en voorwaardes. Moenie anneem dat jy gedek is teen alle risiko’s net omdat jy ‘n premie betaal nie.

Virseker se polisbewoording is in plein Afrikaans en maklik verstaanbaar, maar indien enige iets onduidelik is, is dit wys om jou versekeraar ‘n lui te gee en dubbel seker te maak.

 

Virseker. Jou versekering. Jou mense. Jou taal.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!