Let Wel

Gaan geboue deeglik na en belê in goeie onderhoud

2 min lees tyd
Versekerings wenke 24 Januarie 2020 deur Virseker

Kantoor, huis, paleis, pondok. Hou jou hand daaraan en vermy die skok!

 ‘n Oplettende oog en proaktiewe onderhoud kan ‘n probleem by jou woning of werksplek in       die kiem smoor voordat ‘n molshoop in ‘n berg ontaard.

Maak seker dat jy gereëld ‘n ogie gooi, of laat gooi, oor die dak, geute, ondersteuningstrukture, pype, dreineringstelsels, muurproppe, uitklinkskakelaars en bedrading en stel enige foute – soos kraak-, lek- of roespekke - so gou as moontlik reg.

Let veral op takke wat dreig om ‘n struktuur te beskadig en plantegroei wat ‘n moontlike brandgevaar inhou en sny of snoei dit weg.

Terwyl jy hierdie inspeksies doen, is dit ook slim om die geyser, hekmotor en elektriese heining na te gaan om seker te maak dat hule aan wetlike standaarde voldoen en optimaal werk.

 

Virseker. Jou versekering. Jou mense. Jou taal.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!