Let Wel

Covid-19: Wenke om jouself te beskerm as jy uitgaan

2 min lees tyd
Versekerings wenke 01 September 2020 deur Virseker

Met Covid-19 in ons midde, bestaan talle mense se alledaagse roetine uit doen en lates wat hulself blootstel om moontlik met die virus in aanraking te kom.

Só gaan doen mense inkopies, gooi  brandstof in of verrig talle ander noodsaaklike takies. Weens mense se verskillende omstandighede is dit nie altyd moontlik om hierdie uittogte te vermy nie.

Hoewel mens nie noodwending paranoïes moet wees nie, is dit belangrik om voorkomend op te tree as jy ’n uittog moet aanpak.

Hier is ’n paar wenke, wat handig te pas gaan kom om jouself te beveilig as jy die buitewêreld moet aandurf:

  • ’n Masker of gesigskerm is seker een van die belangrikste veiligheidsitems wat jy te alle tye byderhand moet hê. Byvoorbeeld wanneer jy brandstof ingooi en met die petroljoggie praat, selfs as jy in jou motor sit, sorg dat jy jou masker op het. Dieselfde geld as jy dalk wegneemetes by ’n deurry-restaurant bestel. En sorg dat die masker jou mond en neus deeglik toemaak.
  • Sorg dat jy ’n klein botteljie handreiniger altyd in jou broeksak of handsak het. Hou ook ‘n bottel reiniger en weggooibare doekies (“wet wipes”) in jou voertuig.
  • Meeste nuwe bankkaarte het ‘n tikfunksie waarmee jy net liggies met jou kaart op die kredietkaartmasjien tik om die transaksie te beklink. Gebruik dit waar moontlik.
  • Tog moet jy soms jou pinkode vir ‘n kaarttransaksie intik – maak seker jy reinig jou hande dadelik na dit. Dieselfde geld vir as jy dalk kontant by ‘n bankoutomaat trek.
  • Maak ook seker jy vervang die handreiniger in jou voertuig elke paar weke, want die alkohol daarin kan begin verslaan.
  • Dit is ook ’n goeie idee om jou voertuig binnelangs gereeld te reinig – selfs die petrolklap en -prop.
  • Reinig ook jou bankkaarte en beursie soos jy dink dit nodig is.

 

Het jy geweet, die Virseker Trust het in April vanjaar R1 miljoen geskenk vir Covid-19 verligting? Kliek hier om meer daaroor te lees.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!