Let Wel

Beskerm jou huis en jou elektroniese toerusting teen beurtkrag

2 min lees tyd
Versekerings wenke 17 Junie 2021 deur Virseker

Vir die afgelope 15 jaar gaan Suid-Afrika swaar gebuk onder die las van beurtkrag, daardie ingryping waar Eskom by tye letterlik die ligte afskakel.

En hoe gemaak as die fases eensklaps van een na die ander omgeskakel word en langer ure in die donker meer gereeld op jou wag?

Veiligheid in en rondom die huis

Maak seker daar is ‘n paar stewige flitsligte (vir elke lid van die gesin en een in die motor), ligte wat met sonkrag laai en selfoonherlaaiers wat in jou motor gebruik kan word. 

Die belangrikste is natuurlik veiligheid in en om die huis. ‘n Elektriese alarmstelsel wat gerugsteun word deur ‘n battery, is ‘n baie goeie opsie. Waak egter daarteen om  jou alarmstelsel te verwaarloos.

Wat jy kan doen

  1. Gaan gereeld jou battery na om seker te maak dit is in goeie werkende toestand. Batterye moet gemiddeld elke 3-5 jaar vervang word.
  2. Toets jou alarm minstens een keer elke 3-6 maande.
  3. Sorg dat jou veiligheidskameras reg geposisioneer is  Vee dit gereeld skoon om seker te maak jy kry ‘n duidelike beeld en koppel dit aan ‘n ononderbroke kragtoevoerstelsel gedurende beurtkrag.
  4. ‘n Radiosein-alarm is beter as ‘n alarmstelsel wat met ‘n konvensionele landlyn werk omdat dit wel gebeur dat die landlyn ook buite werking is.
  5. Gesels met jou versekeraar oor ‘n verlaagde premie wanneer jy ‘n werkende alarmstelsel in jou huis het wat gekoppel is aan ‘n sekurit

Elektroniese toerusting

Kragstuwings vind gereeld plaas ná ‘n lang periode van beurtkrag. 

Dit kan elektroniese toerusting soos rekenaars, mikrogolfoonde, ketels, wasmasjiene, yskaste en selfs jou televisiestel laat oorverhit. Herhaalde kragstuwings verkort ook jou elektroniese toerusting se lewensverwagting. 

Wat jy kan doen

  1. Trek al jou elektroniese toerusting se proppe uit voor beurtkrag inskop.
  2. Gebruik hoë-kragleweringsbeskermingsproppe (high-voltage protection plugs) beskikbaar by enige handelaar in elektriese produkte. Dit kan kragstuwings tot 240 volt absorbeer.
  3. Installeer ‘n stukrag-beskermer (surge protector) vir jou elektriese verdeelbord. Maar onthou: Dit mag slegs deur ‘n gekwalifiseerde elektrisiën geïnstalleer word.
  4. Gesels met jou versekeraar oor gepaste versekering wat al jou elektroniese toerusting dek.

 

Alternatiewe kragverskaffers

Kragopwekkers

Dit moet nooit binnenshuis gebruik word nie. Gasse wat deur kragopwekkers vrygestel word, kan tot versmoring lei. Boonop kan die hitte van ‘n kragopwekker of ‘n foutiewe konneksie na jou huis se kragtoevoer ‘n brand veroorsaak. Dit sal as nalatigheid aan jou kant gesien word en nie noodwendig deur jou versekeraar gedek word nie.

Batterye

Jy kan natuurlik ook batterye inspan om jou elektriese heining en jou motorhek aan die gang te hou tydens beurtkrag. Dit behoort maksimum 8 uur lank te hou, maar beurtkrag kort die batterylewe aansienlik in.

Ononderbroke kragtoevoer (Uninterruptible Power Supply)

Dit is ideaal wanneer jy tydens beurtkrag genoodsaak is om byvoorbeeld van die internet gebruik te maak. ‘n UPS verskaf ook genoeg krag om jou rekenaar, televisie en selfs jou alarmstelsel te laat funksioneer. Daar is verskeie opsies op die mark wat na gelang van jou kragverbruiksbehoeftes opgestel kan word deur ‘n deskundige.

Beurtkrag is hier om te bly. Maar hoe raak dit jou korttermynversekering?

Daar is min wat jy aan beurtkrag kan doen, maar jy kan seker maak dat jou huishoudelike toestelle teen die gevaar van ’n stuwing in die elektriese toevoer verseker is.  Televisies, yskaste en rekenaars kwesbaar vir groot skade sou daar ’n kragstuwing weens beurtkrag wees. Dekking vir skade wat met beurtkrag verband hou, is nie by jou versekeringspakket ingesluit nie, maar toestelle wat beskadig word weens kragstuwing word soms wel gedek - maak egter seker of dit by jou polis ingesluit is.  Kragstuwing gebeur soms wanneer die kragtoevoer ná beurtkrag weer aangeskakel word, wat dan skade aan toestelle aanrig as daar nie voorsorgmaatreëls in plek is vir die wisselende stroomspanning nie.

Bronne

https://mg.co.za/article/2010-11-17-alarm-systems-and-insurance-whats-the-deal/

https://www.dailymaverick.co.za/article/2019-12-09-twelve-years-of-load-shedding-written-starring-directed-by-the-anc/

https://strikecheck.com/webinars/power-surge-claims-what-all-adjusters-should-know/

https://www.news24.com/witness/news/appliances-go-up-in-smoke-due-to-load-shedding-20200302

https://www.statefarm.com/simple-insights/residence/are-power-surges-damaging-your-electronics

https://www.citiqprepaid.co.za/5-ways-to-protect-your-appliances-against-electrical-surges-during-load-shedding/

https://www.apc.com/us/en/solutions/home-solutions/

https://www.cyberpowersystems.com/blog/buying-guides/choosing-a-ups/

https://www.news24.com/news24/southafrica/local/hillcrest-fever/power-cuts-and-your-alarm-being-safe-during-load-shedding-20181204-2 

https://mantissecurity.co.za/2020/12/06/alarm-systems-how-often-should-you-test-your-alarm/

https://www.netwerk24.com/Sake/Muntslim/Geldsake/beurtkrag-en-versekering-dis-wat-jy-moet-weet-20181213 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!