Let Wel

Besigheidsversekering in ‘n neutedop

2 min lees tyd
Versekerings wenke 01 Junie 2021 deur Virseker

Om jou eie besigheid te begin of te bedryf, hetsy ’n eenmansaak van jou huis af of enige kleinsakeonderneming sit nie in enigeen se broek nie. Dit verg baie moed, opoffering en deursettingsvermoë. Tog is die een ding wat die meeste mense ongelukkig nie altyd in gedagte neem nie, is dat jy van die intrapslag dalk besigheidsversekering benodig. So ‘n versekeringspolis kan jou die nodige gemoedsrus gee om ‘n paar besigheidsslaggate op die pad na sukses te vermy.

Hoe verskil besigheidsversekering teenoor persoonlike voertuig of huishouding versekering?

Persoonlike versekering fokus op enige risiko wat jou as individu raak waar Besigheidsversekering ‘n wyer vorm van dekking bied om aan die unieke behoeftes van sakeondernemings te voorsien. Dit verskaf dekking vir onder andere geboue, kantoortoerusting, elektroniese ware, gereedskap, voertuie ens., maar dit kan jou ook beskerm teen al die risiko’s verwant aan jou totale waardeketting – werknemers, verskaffers, kliënte, asook teen iets waaraan kommerwekkend min ondernemings dink: aanspreeklikheidsrisiko, wanneer dit kom by jou diens en produkte.

Gegewe die moeilike ekonomiese klimaat waarin ons is, hoekom is dit belangrik vir besighede om versekering te hê?

Die hoë werkloosheidsyfer, tesame met stygende lewenskostes, is ‘n baie gevaarlike mengsel vir misdaad in Suid-Afrika. Mens kan feitlik enige nuusbron van jou keuse oopmaak om te sien hoe byvoorbeeld toerusting wat miljoene werd is gesteel word, werknemers bedrog pleeg, skade aan geboue aangerig word en saam met dit is daar ook ander faktore om in ag te neem soos natuurrampe, besigheidsvoertuie wat in ongelukke is, brande wat kan ontstaan sowel as waar ‘n foutiewe produk of vakmanskap jou as besigheidseienaar aanspreeklik laat. Om dan nie eers te praat van omstandighede buite ‘n mens se beheer soos probleme by ‘n verskaffer waarop jy staatmaak of ‘n brand wat by ‘n naburige sake-eiendom onstaan wat versprei na jou perseel toe.

As ‘n besigheidseienaar moet jy jouself die vraag afvra of jy nou, op hierdie oomblik, enige iets van ‘n paar duisend tot ‘n paar honderd duisend rand (dalk selfs meer) op die tafel kan sit om sulke onkostes te dek, sonder om ‘n verdere lening te maak.

Indien nie, is besigheidsversekering iets wat jy behoort te oorweeg

Teen watter risiko’s is daar dekking vir besighede?

Virseker Besigheidsversekering het pasgemaakte oplossings vir meer as 700 tipes besighede en hul unieke behoeftes. Daar is die tradisionele dekking wat voorsiening maak vir geboue, voertuie, kantoorinhoud, toerusting, goedere wat vervoer word, werknemers in die geval van diefstal en bedrog, sakeonderbreking en nog vele meer.

Dan is daar ook pasgemaakte aanbiedings opsies soos Besigheidsmotorvoertuigpolisse alleenlik, Ambagsmandekking en motor en alle risiko dekking om net ‘n paar te noem en as ‘naddisionelewaardetoevoeging word ons 24/7 besigheidsbystand ook ingesluit vir byvoorbeeld aanlyn- en telefoniese bystand vir professionele advies omtrent regs- en belastingkwessies, tot IT- en finansieringsbystand en besigheid portier diens.

Is dit baie duur?

Baie besigheidseienaars dink dat besigheidsversekering uitermatig duur is en daarom amper eksklusief iets is wat groter besighede oorweeg. Die feit is egter dat jy, van net ‘n paar honderd rand per maand dekking vir jou besigheid kan kry met ‘n oplossing wat pasgemaak is vir jou. Of jy nou ‘n groot fabriek of vervoeronderneming besit en of jy ‘n eenmansaak loodgieter of bloemiste, of enige iets tussenin is, bou ons ‘n oplossing om jou en jou behoeftes.

Virseker hardloop tans ‘n kompetisie vir besigheidseienaars waar jy jou deel van R100 000 kan wen, moet dit nie misloop nie! Kliek hier om in te skryf: http://bit.ly/WenR100kOR

B’s en V’s hier beskikbaar, die kompetisie sluit middernag op 30 Junie 2021.

Virseker is ‘n produk van Auto & General, ‘n gemagtigde versekeraar en FDV.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!