Let Wel

Weskusleerder wen met Wolkskool en Virseker

2 min lees tyd
Perskamer 27 September 2021 deur Virseker

Die derde wenner in die Virseker Trust en Die Wolkskool se Kop-in-die-Wolke-kompetisie, is onlangs in Vredenburg aan die Weskus aangewys. Die Goedeman-gesin het R30 000 se skoolgeld gewen! Die geld is onlangs deur Die Wolkskool  aan die skoolhoof van Hoërskool Vredenburg oorhandig.

Hoërskool Vredenburg se skoolhoof, mnr. Brittz is baie dankbaar oor die ondersteuning wat die Solidariteit Skoleondersteuning (SOS) en spesifiek Die Wolkskool bied.  Meshae Goedeman is ‘n graad 9 by die skool en ʼn aktiewe gebruiker van Die Wolkskool se aanlynleer platform. Haar ma, Myrtle, het ʼn kwotasie aangevra by Virseker en was verheug toe sy hoor Meshae se skoolgelde gaan deur die prysgeld gedek word.  

Meshae het ʼn liefde vir musiek en drama, en het dikwels ʼn behoefte om die dag se Wiskunde en Natuurwetenskappe-lesse weer deur te gaan. Na elke les wat by die skool behandel word, gaan sy na die betrokke Wolkskoolles om dit vas te lê. Die Wolkskool se video’s, werkkaarte en kort toetsies verseker dat sy die werk soveel beter verstaan.

Die Goedeman-gesin is die derde wenners van die Kop-in-die-wolke-kompetisie wat deur Die Wolkskool en die Virseker Trust aangebied word. Daar is elke maand R30 000 se skoolgeld op die spel vir ʼn gelukkige gesin wat ʼn aktiewe profiel op Die Wolkskool het en ʼn Virseker-kwotasie aanvra.  As jy ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking. 

Volgens, Leon Fourie, uitvoerende hoof van die SOS, bied Die Wolkskool vir ouers en leerders gemoedsrus oor hul akademiese prestasie en is dit ʼn winskoop teen slegs R95 per maand. Skryf vandag nog in vir die kompetisie deur die kompetisieblad te besoek - kliek hier

Lees ook meer op Maroela Media.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!