Let Wel

Virseker staan bankvas agter skolerugby

2 min lees tyd
Perskamer 19 Mei 2016 deur Virseker

Op 10 Mei 2016 het ons die borgskap van die Virseker Beeld Trofee aangekondig. Dit was ʼn ware feesgeleentheid, by Weiveld in Pretoria, waar ons kon kennis maak meet rugby kenners as ook die leiers van die skole wat aan die spog geleentheid deel neem.

 

Virseker is alombekend vir ons dienslewering in, en ondersteuning van, Afrikaans, deur verhoogproduksies soos Afrikaans is Groot, sowel as die bevordering van Afrikaanse onderrig, waar reeds meer as R10 miljoen in onder andere Akademia, die Rapport Onderwysfonds en die ontwikkeling van Afrikaanse leertoepassings belê is.

 

“Virseker staan bankvas agter Afrikaanse kunste en -onderrig, so die uitbreiding na Afrikaanse sportontwikkeling was vir ons ʼn natuurlike volgende stap”, sê Dawid Botha, woordvoerder van Virseker.

 

“Hierdie trofee is reeds meer as 96 jaar lank ʼn simbool van Afrikaanse hoërskoolrugby-trots in die Noodvaal-area – ʼn platform waar van die grootste rugbylegendes van môre geslyp word. Om as borg hierby betrokke te raak is vir ons ʼn reuse voorreg.”

 

As viering van die nuwe borgskap, is ʼn blinknuwe trofee vir die 2016-seisoen tans besig om ontwerp te word.

 

Action Ford sal ook as prysborg betrokke wees en onder andere ʼn Ford Tourneo skoolbussie, ter waarde van meer as R660 000, te wenne aanbied.

 

“Suid-Afrika is ʼn goudmyn van wêreldgehalte rugbytalent”, sluit Botha af. “Ons weet dat die Virseker Beeld Trofee nie net sal help met die ontginning, slyping en tentoonstelling van hierdie talent nie, maar ook met die verdere groei van ʼn passievolle, trotse, Afrikaanse rugbykultuur.”

 

Kyk bietjie hieronder na van die foto’s van die #VirsekerBeeldTrofee bekendstelling.

Beeld Trofee

Beeld Trofee

Beeld Trofee

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!