Let Wel

Virseker het my jaar gemaak

2 min lees tyd
Perskamer 08 Februarie 2021 deur Virseker

Lucas Maree het gesing “Ek sou kon doen met ‘n miljoen…”, maar selfs R100 000 is ook nie te versmaai nie! Só het Rika Nel (33) dit onlangs uitgevind toe sy R100 000 in Virseker se Gatsak-kompetisie gewen het. 

Boonop was dié wonderlike nuus ’n allemintige Kersfeesgeskenk, aangesien sy die oproep van Virseker op Oukersdag ontvang het om haar mee te deel dat sy as gelukkige wenner in die trekking gekies is, en dié stewige bedrag ryker is!

“Dit het regtig onwerklik gevoel toe ek die kompetisie gewen het. Ek was vreeslik opgewonde en my hart het skoon snaaks geklop,” sê sy.

Rika en haar man, Jean, trek binnekort in ’n nuwe huis in en gaan haar wengeld gebruik om nuwe meubels aan te koop.

“Virseker het beslis my jaar gemaak!” 

“2020 was vir almal bitter moeilik, en vir my was die heel grootse uitdaging dat ’n mens nie by jou familie en vriende kon kuier nie,” vertel sy. 

“Ek is lief daarvoor om met mense te gesels en is baie geheg aan my familie.” 

Virseker se nuutste wenner glo dit is belangrik om jouself te wees ongeag wat. 

“Dit help nie ek verander in die mens wat mense van my verwag om te wees nie. Ek sal beslis verlore raak langs die pad en begin twyfel wie ek werklik is.”  

Vir Rika is die mooiste Afrikaanse sêding: “Ware liefde raak nooit oud nie." Dit is volgens haar beslis die geval in haar huwelik. 

“Ek en Jean is 13 jaar saam en hy is net so aantreklik en wonderlik soos die eerste dag wat ek hom ontmoet het.

Indien jy ook graag ‘n wenner wil wees moet nie jou kans mis om in te skryf vir Virseker se nuwe kompetisie, waar jy ‘n splinternuwe Toyota Hilux 4x4 ter waarde van R609 500 kan wen! Boonop is daar R15 000 se kitspryse is op die spel en jy staan 'n kans om weekliks 'n R1 000 takealot.com-koopbewys te wen!

Skryf so in: Kliek op dié skakel: http://bit.ly/VirBakkie3 OF SMS jou naam, van en die woord “BAKKIE” na 48052.

Die kompetisie sluit op 30 April 2021, so skryf sommer vandag in!

B’s en V’s aanlyn beskikbaar op: https://www.virseker.co.za/virseker-en-kyknet-se-beter-in-n-bakkie-kompetisie/

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!