Let Wel

Ontmoet die Beter vir ’n Bakkie-wenner

2 min lees tyd
Perskamer 02 Julie 2021 deur Virseker

Al prys wat Bianca Southon nog in haar lewe gewen het, was dubbelkaartjies om na ’n konsert van The Script toe hulle in Suid-Afrika was te gaan kyk… Maar toe word sy aangewys is as die wenner van Virseker se onlangse Beter in ’n Bakkie-kompetisie!

Bianca, wat in Vredehoek, Kaapstad bly, is nou dansky Virseker en kykNET die trotse eienaar van ’n blinknuwe Hilux Raider 2.4 GD6 4x4-model ter waarde van R609 500!

Dié 30-jarige mediese wetenskaplike, wat by die Groote Schuur-hospitaal en Universiteit van Kaapstad werk, kan nou uiteindelik haar student-karretjie wat sy al vir meer as tien jaar ry, vaarwel roep.

“Toe ek die oproep kry, het ek eers gedink Virseker bel my oor ’n verpligting-vrye kwotasie, maar toe kry ek die goeie nuus dat ek die wenner is!” vertel Bianca.

“Ek het seker 50 keer gevra of dit die waarheid is, want ek was net heeltemal uit die veld geslaan. Dié goeie nuus het my baie opgewonde gemaak!”

Bianca het dadelik haar kêrel, Francois, haar ouers en broer gebel om die goeie nuus met hulle te deel.

“Hul verbasing was net so groot, en hulle het gedink ek terg hulle.”

Volgens Biana is hierdie haar tweede probeerslag om met die louere in ’n Virseker-kompetisie weg te ry. Sy het verlede jaar vir Virseker se Stofopskop-kompetisie, waar ’n Renault Duster op die spel was, ingeskryf, maar Jana Jacobs was die gelukkige wenner.

“My nuwe bakkie gaan ’n groot verskil in my lewe maak, want ek het ’n behoefte gehad aan ’n groter en stewiger voertuig. Ek is ongelooflik dankbaar vir dié groot seëning wat oor my pad gekom het.”

Drie blitsvrae aan Bianca:

1. As jy vandag die langpad kan aandurf met jou nuwe Hilux, waarheen sal dit wees en hoekom?

As ek nou die pad kon vat, sal ek koers kies al langs die kuslyn na die Etosha Nasionalepark in Namibië. Sjoe dit sal ’n belewenis wees!

2. Wat is vir jou die mooiste Afrikaanse woord of sêding?

Ek hou baie van Afrikaanse woorde vir allerdaagse Engelse woorde wat mense lukraak in Afrikaans gebruik, soos kattebak vir “boot” en motorhuis vir “garage”. My pa is Engels en my ma is Afrikaans, en een van my pa se reëls in ons huis is dat ons nie ons tale mag meng nie. Ek hou dus daarvan om die regte woorde te gebruik, want dit is hoe hy my geleer het.

3. Wat is jou motto vir die lewe?

Hou aan om te glo!

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!