Let Wel

Nog leerders vind baat by Virseker, Wolkskool kompetisie

2 min lees tyd
Perskamer 08 September 2021 deur Virseker

Die tweede wenners in die Virseker en Wolkskool-kompetisie is onlangs aangekondig. Hulle is die tweede gesin van agt gesinne wat R30 000 vir hulle kinders se skoolgeld gaan wen.

Die Buys-gesin het twee kinders, een in Hoërskool Oos-Moot en een in Laerskool Lindopark. Dit is juis elfjarige Ellouise Buys wat Die Wolkskool maklik baasgeraak het tydens die oorspronklike grendeltyd in 2020. Haar ouboet, Sheylin Buys, was net so beïndruk met die platform.

Die prys is oorhandig by Solidariteit Skoleondersteuningsentrum se hoofde-ontbyt in Centurion.

Volgens die Buys-gesin is een van die voordele van die platform dat hulle kinders dit maklik kan gebruik om hulle skoolwerk deur te werk indien daar iets is wat hulle nie verstaan nie, of as hulle wil voorberei vir die volgende dag se klas.

Volgens, Leon Fourie, uitvoerende hoof van die SOS, is die organisasie verheug oor hoe maklik jong leerders die stelsel baasraak.

“Ons het tans meer as 4000 leerders onder tien jaar wat die stelsel gebruik – natuurlik te danke aan ʼn uitgebreide afdeling vir Grondslagfase-leerders, maar beveel aan dat ʼn ouer hulle help. Maar ons sien toenemend hoe die jongetjies van so tien tot elf jaar sommer net inspring en die stelsel baasraak. Hulle is soos eendjies in die water – hulle swem sonder dat hulle geleer word.”

Die Kop-in-die-wolke-kompetisie is egter steeds aan die gang en daar is nog geleentheid vir ses gesinne wat aktiewe profiele op Die Wolkskool het, om R30 000 te wen om hul kinders se skoolfonds te help betaal.

“Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom, is om by Die Wolkskool ʼn aktiewe profiel te hê en ʼn Virseker-kwotasie aan te vra.  As jy ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking,” sê Fourie.

Bron: https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/nog-leerders-vind-baat-by-virseker-wolkskool-se-kompetisie/ 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!