Let Wel

Kom loer in by Virseker se nuwe huis

2 min lees tyd
Perskamer 10 Maart 2016 deur Virseker

Ons het ons huis in orde gekry en is baie trots om jou te vertel van al ons nuwe funksies. Nie net het ons, ons gesig bietjie geverf nie maar die nuwe funksies op ons webblad beloof ook om jou versekeringspad baie meer gerieflik te maak.

Ons weet presies hoe frustrerend dit kan wees wanneer jy dringende ʼn dokument benodig en dan duisende oproepe moet maak of nie jou polis deur werksure kan opdateer nie. Daarom het ons ʼn aanlyn platform ontwerp wat jou in beheer laat van jou polis – maak nie saak wanneer jy iets wil verander nie of wanneer jy ʼn dokument wil op of aflaai nie, dit is alles binne jou kontrole. Dag of nag, op vakansie, by die werk of huis, waar en wanneer jy wil.

Maar voordat jy in die pad kan val en die nuwe sisteem kan geniet moet jy eers jou polis aanlyn registreer. Al wat jy nodig het om te registreer is ʼn e-posadres en om ʼn wagwoord te skep. Wanneer jy jou besonderhede klaar ingevul het sal jy ʼn bevestigingsepos ontvang en dan is jy geregistreer, wat kan makliker wees?

Maar wat kan jy nou alles doen?

Jy kan inteken en seker maak jou inligting is korrek en verander indien jou inligting inkorrek is of as dit verander soos wanneer jy verhuis of wanneer jy jou huisinhoud moet opdateer kan jy dit maklik, maklik aanlyn verander. Die beste van alles is wanneer jy nuwe produkte by jou huisinhoud of draagbarebesittings voeg, is dit dadelik gedek.

En as jy ʼn nuwe polis moet uitneem kan jy dit ook sommer aanlyn doen sonder om te sukkel. As jy hou van die kwotasie wat jy sien kan jy dit sommer aanlyn koop.

Jy kan ook die dokumente oplaai wat ons benodig om te verseker dat jy die dekking ontvang wat jy verdien. Of indien jy ʼn brief van versekeringsbevestiging benodig kan jy dit aanlyn aanvra en aflaai sonder enige oproepe. Al wat jy moet doen is om in te teken op jou aanlyn profiel.

Nie eens om te praat van om eise in te dien nie. Ons weet presies hoe deurmekaar en moeilik dinge gaan wanneer jy ʼn eis moet indien, daarom kan jy dit ook aanlyn kan doen en as daar uitstaande inligting is wat ons benodig sal ons jou bel om alles te bevestig.

Moet glad nie bekommer nie, as jy met enigiets sukkel of van iets onseker is, kan jy met een van ons konsultante aanlyn gesels.

So waarvoor wag jy? Registreer vandag nog. 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!