Let Wel

Jan se Kombuis is die eerste weeklikse wenner in Virseker se Beter vir jou Besigheid kompetisie

2 min lees tyd
Perskamer 10 Mei 2021 deur Virseker

Virseker-wenner is ‘n raakvatter

Omtrent ’n jaar terug het Jan Kirsten-Lubbe van Pretoria sy nuwe besigheid, JAN SE KOMBUIS, begin en vandag is hy die eerste gelukkige wenner van ons weeklikse prys van R1 000-kontant en ‘n bemarkingspakket ter waarde van R3 000 in VIRSEKER se BETER VIR JOU BESIGHEID-kompetisie.

In dié opwindende kompetisie staan besighede nie net die kans om weekliks R1 000 te wen nie, maar boonop gaan VIRSEKER vir die weekliksie wenners bemarkingsblootstelling van R3 000 gee, terwyl daar ook ’n boerpot van R50 000 op die spel is wat oop is vir inskrywings tot 31 Julie 2021.

Jan, 31, wie al van kleintyd bak en brou, het ’n diploma in profesionele kookkuns en het al by talle restaurante en hotelle as sjef gewerk. Mediese redes het ongelukkig Jan se sjefsloopbaan kortgeknip en hy het toe by ’n motorverhuringsagentskap ’n posisie aanvaar.

Maar soos talle ander Suid-Afrikaners was hy verlede jaar die slagoffer van die maatskappy se besnoeiingsmaatreëls as gevolg van die ekonomiese verwoesting wat die Covid-19-inperskingsregulasies veroorsaak het. 

In plaas daarvan dat dit hom onder gekry het, het Jan eerder ’n droom gaan nastreef… Hy het aan die werk gespring en sy eie spysenieringsbesigheid, JAN SE KOMBUIS, het in Mei 2020 die lig gesien.

Sedertien het dié entrepreneur net van krag tot krag gegaan en het hy intussen ook ’n kookskool vir jong kinders begin om só sy passie vir kosmaak aan hulle oor te dra.

“Daar is reeds sowat 50 jong sjefs, wat weekliks lesse kry, terwyl ons ook kookklaspartytjies vir kinders aanbied, waar ons vir die verjaarsdagmaatjie en hul vriende leer hoe om pasta te maak,” vertel Jan.

“Ons drome is groot en niks kan dit keer nie, want daar is nog baie wat ons wil en gaan bereik. Ons bly dankbaar  vir elke geleentheid en vir al ons fantastiese kliënte met wie ons, ons passie kan deel.”

Volgens Jan is die belangrikste besigheidsles wat hy die afgelope jaar geleer het dat intensies jou sukses bepaal, want as jou bedoelings suiwer is en ’n onderneming die beste diens en produkte bied, sal sukses natuurlik volg.

“Terselfdertyd het ek geleer dat elke struikelblok ’n geleentheid is om in ’n boublok te omskep, wat weer op hierdie manier jou besigheid en passie versterk!”

Jan se raad aan ander entrpreneurs is dat ’n mens in jouself en in die gehalte van jou produk of diens moet glo. 

“Dit is die kern van entrepreneurskap en vorm die hoeksteen van jou drome wat realiseer.” 

Hy glo ook dat goeie bemarking ongelooflik belangrik is. 

“Buiten die uitdagende ekonomiese omstandighede wat besighede tans in die gesig staar, is ’n ander groot uitdaging om te verseker dat  jou handelsmerk raak gesien word en kop bo skouers moet uittroon bo mededingers.” 

JAN SE GUNSTELING AFRIKAANSE WOORD:

Frikkadelbroodjie!


JAN SE MOTTO VIR DIE LEWE

 Verandering is nie noodwendig sleg nie, maar n geleentheid vir ‘n nuwe begin.  Doen wat jy liefhet en sukses sal volg! As jy dit GLO is jy halfpad daar!

JAN SE BESIGHEID BIED DIE VOLGENDE DIENSTE:

-          Bevrore etes van goeie gehalte

-          Heerlike gebak uit Chef Jan se eie resepteboek

-          Spyseniering – maak nie saak hoe groot of klein die funksie is nie

-          Weeklikse kookklasse vir kinders

-          Kookklas-partytjies – vir kinders en as spanbousessies vir besighede

 

WAAR OM JAN SE KOMBUIS OP TE SPOOR

Jan se kombuis het ‘n webwerf met baie inligting oor hul produkte en dienste en jy kan ook aanlyn by hulle bestel. Besoek hulle gerus by:

Web:                                 www.jansekombuis.co.za

Facebook:                       https://www.facebook.com/jansekombuis

Tel. / WhatsApp:          066 250 7969

Epos:                                 [email protected]

 

SKRYF JOU BESIGHEID NOU IN VIR VIRSEKER SE BETER VIR JOU BESIGHEID KOMPETISIE

Jou besigheid kan dalk die volgende weeklikse wenner wees in Virseker se Beter vir jou Besigheid kompetisie, en wie weet, dalk is jóú besigheid die gelukkige wenner van die groot prys van R50 000 kontant! Kliek hier om nou in te skryf: http://bit.ly/WenR50k1 

VIRSEKER BIED BESIGHEIDSVERSEKERING

Virseker bied versekering vir meer as 700 besigheidstipes. En wat meer is, doen ons alles in Afrikaans, van polisboek tot inbelsentrum. Ons skenk ook ‘n gedeelte van elke polispremie aan die Virseker Trust wat ten doel het om die voortbestaan van Afrikaans te verseker deur die geld aan te wend vir onderrig, kuns, kultuur en sport in Afrikaans.

Virseker is ‘n produk van Auto & General, ‘n gemagtigde versekeraar en FDV. B’s en V’s beskikbaar aanlyn.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!