Let Wel

GT Camper-wenner is trots Afrikaans!

2 min lees tyd
Perskamer 18 Junie 2020 deur Virseker

Die sêding is dat “aanhouer wen”, maar dit is nie sommer op Floors Bronkhorst van toepassing nie…

Floors skryf nie as ’n reël vir kompetisies in nie en toe sommer met sy tweede probeerslag om aan ’n kompetisie deel te neem, tref die gelukskoot hom! Dié 75-jarige inwoner van Langebaan aan die Kaapse Weskus, is pas as die gelukkige wenner in VIRSEKER se GT Camper-kompetisie aangewys.

“Hierdie was maar die tweede keer dat ek vir iets ingeskryf het en toe waarlik met groot sukses,” sê hy.

Sy eerste waagkans was boonop vir VIRSEKER se onlangse Legendariese Laaibak-kompetisie waar ’n Toyota Hilux op die spel was.

Floors vertel dat hy al eintlik van die GT Camper-kompetisie vergeet het en hy nooit in sy wildste drome gedink het hy staan ’n kans nie. Die onverwagse oproep van VIRSEKER het hom behoorlik onkant gevang, want hy het gedink die onbekende nommer op sy selfoon is net nóg ’n foefie-oproep.

“Groot was my verbasing toe die dame vra: ‘Goeie dag Floors, hoe oud is jy?’ en toe die goeie nuus met my deel,” vertel hy.

“Ek het dadelik besef dit is genade van Bo, want so iets gebeur nie sommer elke dag met iemand nie.

“Na die oproep het ek dadelik die goeie nuus met my vrou, Ansie, gedeel waarna ons vir mekaar gekyk het en met oë vol trane weer eens besef het dat dit net GENADE is.”   

Kort daarna het Floors en Ansie die nuus met hul kinders, wat onderskeidelik in Somerset-Wes en Pringlebaai bly, gedeel.

Die egpaar het al in die verlede saam met hul kinders gaan kamp, maar hulle het nie oor hul eie kamptoerusting beskik nie. Danksy hul spogprys hoop hulle om sodra dit toegelaat word, koers te kies na die natuur met hul GT Camper.

Is jy ’n VIRSEKER-kliënt?
Ek het al ’n paar jaar gelede na Virseker oorgeskakel en het sedertdien uitstekende diens ontvang.  Virseker is vir seker die versekeringsproduk van die toekoms veral omdat julle ruimte en moeite doen met Afrikaans.

As dit nie vir die inperking was nie, waarheen sou julle koers gekies het om jul prys te geniet?
Dadelik na die Kgalagadi-oorgrenspark en dan Namibië.

Wat is jou en jou vrou se beste kampwenk?
Geniet God se skepping en die natuur wat Hy vir ons bied - pas dit op! Leef skoon in alle opsigte en bewaar die natuur vir die nageslag.

Wat is vir jou die mooiste Afrikaanse woord of sê ding?
Genade onbeskryflik groot.

Wat is jou leuse vir die lewe?
“Die waarheid loop nie met krukke nie”  en  “Bring jou rose solank ons leef”.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!