Let Wel

Greener Bay Microgreens is een van ons wenners in Virseker se Beter vir jou Besigheid-kompetisie

2 min lees tyd
Perskamer 09 Junie 2021 deur Virseker

Die beste raad wat Jacques Wagenaar al gekry het, is “moet nooit opgee nie.”

Vir dié 24-jarige van Gqeberha (Port-Elizabeth), wat redelik onlangs sy eie besigheid begin het, weet hy dat om ‘n sukses te kan maak is dit ook ’n kwessie van “aanhouer wen”. 

Hy is die tweede gelukkige wenner van ons weeklikse prys van R1 000-kontant en ‘n bemarkingspakket ter waarde van R3 000 in VIRSEKER se BETER VIR JOU BESIGHEID-kompetisie. 

Jacques, wat vir ses jaar ’n motorwerktuigkundige was, het in 2020 besluit dit is tyd om sy loopbaan in ’n nuwe rigting te stuur, maar hy was onseker oor wat volgende vir hom beskore was. 

Tydens sy Desember-vakansie in Gansbaai, het ’n toergids ’n saadjie by hom geplant vir ’n nuwe besigheidsidee: mikroblare en -spruite (wat dien as garnering en geurmiddels by ander kossoorte). 

“Hy het my vertel hoe hy tydens 2020 se streng inperkings mikroblare en -spruite begin groei en verkoop het aan restaurante, omdat hy nie meer ’n inkomste deur toerisme kon maak nie,” sê Jacques. 

“Dit het dadelik my aandag geprikkel en ek het dadelik na my vakansie begin om hierdie besonderse plantjies te kweek.” 

Die entrepreneurskap-gogga het Jacques behoorlik gebyt, en in April het sy nuwe onderneming, Greener Bay Microgreens, die lig gesien.

“Boonop het ek gou besef dat ek dit geniet om mikroblare te groei. Al die verskillende kleure en geure het my verbaas, want daarmee kan dié blare enige maaltyd opkikker.”

Jacques glo hy sal binnekort die hele Nelson Mandelabaai-metro se eetplekke van mikroblare kan voorsien.

“Ek sien ook kans vir elke struikelblok wat op my pad gaan kom, want elke struikelblok is immers ’n geleentheid om te leer.”

Jacques beplan om sy wengeld aan te wend vir toerusting vir Greener Bay Microgreens.

JACQUES SE GUNSTELING AFRIKAANSE WOORD

-          Sonneblomsaadjie.  

JACQUES SE MOTTO VIR DIE LEWE

Beplan mooi vir jou toekoms, maar moet nie dat dit jou besluite vir vandag oorheers nie. Jy weet nie of jy môre hier gaan wees nie, maar jy is immers vandag nog hier.

SKRYF JOU BESIGHEID NOU IN VIR VIRSEKER SE BETER VIR JOU BESIGHEID KOMPETISIE

Jou besigheid kan dalk die volgende weeklikse wenner wees in Virseker se Beter vir jou Besigheid kompetisie, en wie weet, dalk is jóú besigheid die gelukkige wenner van die groot prys van R50 000 kontant! Kliek hier om nou in te skryf: http://bit.ly/WenR50k1 

 

VIRSEKER BIED BESIGHEIDSVERSEKERING

Virseker bied versekering vir meer as 700 besigheidstipes. En wat meer is, doen ons alles in Afrikaans, van polisboek tot inbelsentrum. Ons skenk ook ‘n gedeelte van elke polispremie aan die Virseker Trust wat ten doel het om die voortbestaan van Afrikaans te verseker deur die geld aan te wend vir onderrig, kuns, kultuur en sport in Afrikaans.

Virseker is ‘n produk van Auto & General, ‘n gemagtigde versekeraar en FDV. B’s en V’s beskikbaar aanlyn.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!