Let Wel

Een van ons wenners in Virseker se Beter vir jou Besigheid-kompetisie, Dear Vegan, het ’n vars aanslag

2 min lees tyd
Perskamer 09 Junie 2021 deur Virseker

Virseker het nóg ’n nuwe entrepreneur se dag gemaak toe Coralie Boshoff as die derde wenner in ons BETER VIR JOU BESIGHEID-kompetisie aangewys is! Coralie het R1 000-kontantprys en ‘n bemarkingspakket ter waarde van R3 000 met die komplimente van Virseker losgeslaan. 

Sy het haar spysenieringsonderneming, Dear Vegan, in Januarie 2021 begin en spesialiseer in veganiese geregte. Hoewel Coralie se onderneming, wat in Johannesburg is, nog in sy babaskoene is, gaan dit reeds van krag tot krag.

Dear Vegan is gebore na sy vir meer as twee jaar ’n tuisbly ma was om haar tweede kind, wat in 2018 gebore is, groot te maak. Sy was voorheen in die restaurantbedryf, waar sy ongelooflike kennis en ervaring opgedoen het – met dié kennis het sy die waagmoed getoon om haar eie besigheid op die been te bring.

“Dear Vegan is verbind daartoe om die publiek met heerlike maaltye, wat maklik is om voor te berei te voorsien. Dié geregte is 100% veganisties en ek gebruik net vars, plaaslike bestanddele.” 

Veganiese diëte behels slegs die eet van plante - soos groente, graan, neute en vrugte - of voedsel wat van plante gemaak word. 

“Ek het ’n moderne aanslag met die geregte, wat anti-wreedheid is en ook kos vir die siel is,” sê sy. 

Dear Vegan verskaf onder meer voorafvoorbereide gevriesde lekkernye en spysenieringsdienste. 

Op die spyskaart is daar ’n verskeidenheid opsies wat ’n veganistiese-weergawe van “calamari” insluit – dit lyk selfs soos die ware Jakob, maar word van bestanddele soos sampioene, verskillende tipes meel, groente-olie en speserye gemaak. 

Die belangrikste les wat Coralie al as besigheidseienaar geleer het, is dat harde werk die sleutel tot sukses is.

“Daar is nie tyd vir terugsit en niks doen nie, jy moet bereid wees om heeltyd skouer aan die wiel te sit.”

‘n Uitdaging wat Coralie, en menige ander besigheidseienaars, moet hanteer is om rekeninge te betaal waarvoor jy nie voorsiening gemaak het nie.

“’n Ander belangrike faktor wat ’n mens in gedagte moet hou is dat jy as besigheidseienaar die regte balans moet vind met alles wat jy moet doen. Jy moet keer om nie net op een ding die heeltyd te fokus nie.”

CORALIE SE GUNSTELING AFRIKAANSE WOORD

-          Koekeloer

CORALIE SE MOTTO VIR DIE LEWE

-          Doen alles voluit, en as dit vir ’n goeie doel is, doen dit beter. 

SKRYF JOU BESIGHEID NOU IN VIR VIRSEKER SE BETER VIR JOU BESIGHEID KOMPETISIE

Jou besigheid kan dalk die volgende weeklikse wenner wees in Virseker se Beter vir jou Besigheid kompetisie, en wie weet, dalk is jóú besigheid die gelukkige wenner van die groot prys van R50 000 kontant! Kliek hier om nou in te skryf: http://bit.ly/WenR50k1 

VIRSEKER BIED BESIGHEIDSVERSEKERING

Virseker bied versekering vir meer as 700 besigheidstipes. En wat meer is, doen ons alles in Afrikaans, van polisboek tot inbelsentrum. Ons skenk ook ‘n gedeelte van elke polispremie aan die Virseker Trust wat ten doel het om die voortbestaan van Afrikaans te verseker deur die geld aan te wend vir onderrig, kuns, kultuur en sport in Afrikaans.

Virseker is ‘n produk van Auto & General, ‘n gemagtigde versekeraar en FDV. B’s en V’s beskikbaar aanlyn.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!