Let Wel

Dis weer tyd vir Noot vir Noot

2 min lees tyd
Perskamer 04 Februarie 2016 deur Virseker

Dis reg ja, jou versekering, jou mense, jou taal het weer lekker nesgeskop op Noot vir Noot. 

Die tyd het weer aangebreek om saam met Johan Stemmet en sy span na lekker musiek te luister en vinnig op die knoppies te wees met flink musiek antwoorde. Dit als beteken dat die 41ste Noot vir Noot seisoen Vrydag die 5de Februarie begin draai.

Die lys van gaskunstenaars is ook iets wat enige Afrikaanse musiekliefhebber se mond sal laat water. Heinz Winckler skop die eerste episode af en jy kan verwag om sterre soos Riana Nel, Bobby van Jaarsveld, BZN, Karin Kortje, Alistair Izobell en Brandon October te sien.

So sit julle musiek hoedjies op, hou jul vingers op die knoppies en skakel elke Vrydagaand om 20:00 op SABC 2 in.

Onthou, dis Vrydae om 20:00 op SABC 2.   

Sien jou daar. 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!