Let Wel

COVID-19: Wenke Vir ’n Positiewe Gemoed

2 min lees tyd
Perskamer 29 April 2020 deur Virseker

Die nuwe aanbieder van kykNET se gewilde werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou, Marciel Hopkins, spog met met ’n Honneursgraad in sielkunde van die Universiteit van Stellenbosch en is ook ’n opgeleide lewensafrigter. Nie net lewer Marciel motiveringspraatjies nie, maar sy help ook individue om ’n positiewe ingesteldheid te hê.

VIRSEKER, wat die hoofborg van Boer Soek ’n Vrou is, het by Marciel gaan aanklop vir wenke vir Jan Alleman wat weens die Covid-19-pandemie tans uitdagings in hul persoonlike of professionele lewens in die gesig staar. Só bevind baie mense hulle in die situasie om eerder die spreekwoordelike glas as halfleeg te sien.

Marciel gee raad oor hoe jy jouself kan instel om eerder die glas as halfvol te sien:

Die beste manier op hierdie stadium om die glas half vol te sien, is aanvaarding van die situasie en om iets vir iemand anders te beteken. Reik uit, bel jou vriende en vra hoe dit regtig met hulle gaan. In plaas daarvan om by jou vriende te kla, kan jy eerder ’n goeie oor wees vir iemand om te luister. As ons heeldag op ons eie frustrasies fokus, gaan dit ’n sneeubal-effek van negatiwiteit word. Mind over matter! Ons almal is saam in hierdie ding - hoe ongenaam dit nou ookal is. Probeer ophou kla en doen wat jy kan om die tyd vir iemand anders meer draaglik te maak. Laat gaan die dinge wat jy nie nou kan beheer nie, jy gaan net jou tyd en energie mors om jouself daaroor te bekommer. Ons sál sterker en wyser aan die ander kant uitkom.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!