Let Wel

COVID-19: Só Hou Jy Moed As Jy Sonder ’n Inkomste Sit

2 min lees tyd
Perskamer 29 April 2020 deur Virseker

Die nuwe aanbieder van kykNET se gewilde werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou, Marciel Hopkins, spog met met ’n Honneursgraad in sielkunde van die Universiteit van Stellenbosch en is ook ’n opgeleide lewensafrigter. Nie net lewer Marciel motiveringspraatjies nie, maar sy help ook individue om ’n positiewe ingesteldheid te hê.

VIRSEKER, wat die hoofborg van Boer Soek ’n Vrou is, het by Marciel gaan aanklop vir wenke vir Jan Alleman wat weens die Covid-19-pandemie tans uitdagings in hul persoonlike of professionele lewens in die gesig staar.

Weens Covid-19 is daar talle mense wat skielik sonder werk sit of hul inkomstestroom het opgedroog, wat sonder twyfel jou gemoed sal breek.

Marciel gee raad om positief te bly:

In uitdagende tye wanneer dit sleg gaan met die ekonomie, is dit tyd om kreatief te raak met ons talente. Gebruik jou tyd om te dink aan alle moontlike opsies oor hoe jy jouself of jou besigheid weer op die been kan bring na die Covid-19-krisis onder beheer is. Maak gebruik van hulpbronne om jou te inspireer. Lees boeke, aanlyn-artikels en -stories van mense wat ’n sukses gemaak het deur moeilike ekonomiese tye. Maak kontak met mense na wie jy opkyk of by wie jy graag besigheidsraad sal wil ontvang en vra hoe hulle die huidige situasie sou benader as hulle in jou skoene was. 

Ek het ‘n paar jaar gelde met Anna-Mart van der Merwe koffie gedrink. Ek vra haar toe wat sy tydens haar af maande doen, want akteurs werk baie selde voltyds. Hulle moet gereeld wag vir oudisies en geleenthede om oor hul pad te kom, terwyl projekte soms lank neem om te realiseer. Sy antwoord my toe en sê: “Ek bly voorberei vir die rolle wat ek graag eendag sal wil speel. Ek hou aan tekste lees en woorde leer, sodat my brein fiks bly. Ek oefen en doen joga om my liggaam gesond en gereed te hou vir die dag wanneer hulle my bel vir ‘n rol.”

Ek dink ons kan baie by haar leer om positief en gefokus te bly tydens hierdie onsekere tyd.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!