Let Wel

Ontmoet die algehele wenner in Virseker se BETER VIR JOU BESIGHEID-kompetisie

2 min lees tyd
Perskamer 01 September 2021 deur Virseker

Met Armand Bouwer se eerste probeerslag om vir ’n kompetisie in te skryf, wen hy toe sommer die boerpot! 

Dié 26-jarige entrepreneur van Lydenburg het onlangs aan Virseker se BETER VIR JOU BESIGHEID-kompetisie deelgeneem, en is nou beloon met ’n R50,000-kontantprys en R4,000 se bemarkingswaarde op Virseker se digitale platforms. 

Armand bedryf ’n besigheid, The Noob Shop, wat speletjies vir konsoles soos Xbox en Playstation koop en verkoop asook die herstel van konsoles. 

Sy motto vir die lewe is: “Niks is onmoontlik nie, as jy glo en vertrou dat jy sukses gaan behaal dan sal jy!”

Voor Armand sy eie potjie begin krap het, het hy onder meer vir ’n soortgelyke besigheid gewerk waar hy goeie ondervinding opgedoen om The Noob Shop te kan begin. 

In die twee jaar wat The Noob Shop al bestaan, is die belangrikste les wat Armand geleer het, om sy onderneming se belange eerste te stel bo sy eie. 

“Elke rand en sent moet terug in die die besigheid geploeg word, want as ’n mens dit op jouself spandeer vat dit dubbel soveel werk om al daai geld weer terug te kry.”

Armand glo ook dat kliëntediens die sleutel tot sukses is. 

“Elke kliënt, ongeag hoe moeilik hy of sy kan wees, moet met dieselfde respek behandel word, want die moeilikste kliënte kan jou lojaalste ondersteuners raak.

Toe Armand die oproep van Virseker gekry het dat hy die algehele wenner in die BETER VIR JOU BESIGHEID-kompetisie is, wou hy dit aanvanklik nie glo nie. 

“Dit het gevoel dat dit nie werklik kan wees nie! Ek het gedog ek droom en moes myself letterlik knyp om te weet dit is die werklikheid. 

“Om as wenner gekies te wees, was ’n wonderlike gevoel gewees en ek het dadelik dié goeie nuus met my familie gedeel.”

Armand gaan die wengeld aanwend om nog voorraad aan te koop, maar wil ook sy besigheid uitbrei met bykomende dienste om drukwerk op koppies en T-hemde te doen. 

Sy raad aan ander entrepreneurs is dat jy in jouself moet glo. 

“In alle besigheidsbesluite wat jy maak, wees altyd eerlik met jouself en met jou kliënte. Eerlikheid kom altyd terug na jou toe.”

Vir Armand is die mooiste Afrikaanse woord, “droom”. “Dit het vir my betekenis van hoop en dat jy daaraan moet vasklou.” 

Besoek: https://thenoobshop.co.za

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!