Let Wel

Alles wat jy wil weet van die Renault Duster!

2 min lees tyd
Perskamer 30 Junie 2020 deur Virseker

In Virseker en Renault se Stof-opskopkompetisie kan jy ’n spoggerige Renault Duster 4x2 Prestige ter waarde van R348 900 wen! Dié spogprys is vir talle redes nie te versmaai nie, maar hier is tien interessante feite van die Duster:

  1. Het jy geweet die Duster is een van die gewildste sportnutse in Suid-Afrika? Renault het meer as 15 000 eenhede van die Duster se eerste generasie in Suid-Afrika verkoop, wat in 2013 sy verskyning hier gemaak het terwyl daar meer as twee miljoen van hulle wêreldwyd van die hand gesit is.
  2. Die Duster skrik nie vir grondpaaie nie en het ’n grondvryhoogte van 210 mm.
  3. Dit is ’n praktiese ryding met ’n lekker groot bagasieruim van 478 liter.
  4. Vir beter gemak is daar sleutellose toegang, want ’n handsvrye sleutelkaart ontsluit die voertuig soos jy naby dit kom en sluit dit weer outomaties as jy weg beweeg. Boonop druk jy net ’n aansitterknoppie om dié voertuig aan te skakel.
  5. Moderne ontwerperskenmerke van die Duster in Prestige-gedaante, sluit in 17-duim allooiwiele en LED-dagryligte wat outomaties skyn sodra die motor aangeskakel word.
  6. Die luukse Prestige-model het talle indrukwekkende kenmerke wat ’n mediaraakskerm met navigasie, ‘n trukamera, blindekolwaarskuwing, parkeergonsers en klimaatbeheer insluit.
  7. Om te verseker dat die Duster ’n veilige rit bied, het die Prestige-model ses lugsakke, vastrap- en elektroniese stabiliteitsbeheer asook sluitweerremme.
  8. Onder die enjinkap van die Duster Prestige is daar ’n wakker 1,5-liter turbodiesel enjin wat 80 kW se krag en 250 Nm se wringkrag ontwikkel. Dié enjin is gekoppel aan Renault se EDC-outomatiese ratkas.
  9. Die brandstoftenk is 50-liter groot en die Duster sal langafstande maklik kaf draf, want volgens Renault is die 1,5-liter turbodiesel-kragbron se gemiddelde brandstofverbruik vanaf ’n lae 4,8 liter per 100 km.
  10. Vir gemoedsrus, kom die Duster met ’n vyfjaar/150 000 km meganiese waarborg en ’n driejaar/45 000 km diensplan.

Neem só deel:

-        SMS jou naam, van en die woord “RENAULT” na 43239, of
-        Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm: https://bit.ly/VRDWARTIKEL

Bepalings en voorwaardes: https://bit.ly/2APwnO0

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!