Baie dinge kan skeefloop op pad na jou kamperingsterrein toe, en dit versuur nie net die vakansie nie maar kan ook ʼn lelike gat in jou sak brand. Daarom bied Virseker omvattende dekking vir jou karavaan.
Toevallige + kwaadwillige skade
Diefstal en kaping
Derdeparty-skade
Haelskade
Standaard-bykomstighede
Kliek nou hier
vir versekering wat 100% van jou geldige eise uitbetaal!
Ons bel jou
Opsionele ekstras
Inhoud van jou karavaan
Onthou om karavaaninhouddekking by jou karavaankwotasie te voeg om te verseker dat die inhoud van jou karavaan ook die dekking ontvang wat dit benodig.
Karavaanversekering dek jou karavaan teen skade of diefstal. Jy sal ook gedek wees vir skade wat jou karavaan aan iemand anders se eiendom aanrig. As jou karavaan skade kry, sal dit ook gedek wees vir insleep- en bergingskostes om dit na die naaste hersteller te neem. Daarvoor moet jy asseblief onthou om Virseker heel eerste te bel. Die gedekte karavaan mag slegs vir sosiale en persoonlike doeleindes gebruik word – geen besigheid nie.
Word Karavaaninhoudversekering automaties ingesluit?
Karavaaninhoudversekering word nie outomaties by jou karavaanversekering ingesluit nie. Onthou om karavaaninhouddekking by jou karavaankwotasie te voeg om te verseker dat die inhoud van jou karavaan ook die dekking ontvang wat dit benodig.
Teen wat bied Karavaaninhoudversekering dekking?
Jou karavaaninhoud sal dekking ontvang vir skade as gevolg van brande, weerlig, ontploffings, moedswillige skade, aardbewings, storm, vloed en vallende bome wat nie afgekap word nie.
Koekies
Hierdie webwerf gebruik koekies om jou ervaring te verbeter. Deur die webwerf te besigtig, aanvaar jy hierdie gebruik van koekies. Sien ons privaatheidsbeleid.