Huisinhoudversekering
Spaar tot 15% as jy jou kar met jou huisinhoud kombineer! Hierdie voordeel kan vir jou tot 15% spaar op jou kar premie as jy jou karversekering met jou huisinhoudversekering kombineer.
Ons weet nooit wat om die draai vir ons wag nie en soms is mens ook nie seker wat om te maak as daardie ongelukkie jou getref het nie. Gelukkig staan Virseker jou altyd by in jou donker uur. Daarom sluit ons bystand voordele soos Huis-, Regs-, Trauma-, en Mediese Bystand outomaties by jou Huisinhoudversekering polis in.
Daars min dinge so salig soos jou eie huis, met jou eie bank en jou eie bed. En ongelukkig, iets wat mens nie graag aan dink nie is die feit dat dit ‘n hele paar duisend rand sal kos om die items te vervang. Gelukkig is dit waar ons in kom – ons huisinhoud versekering dek alles in jou huis wat sou uitval as jy die huis onderstebo keer teen risikos soos diefstal, brande, oorstromings en selfs openbare-, huiswerker- en huurderaanspreeklikheid.