Let Wel

Opknapper

Met Virseker Opknapper kan jy klein skade wat deur alledaagse bestuur veroorsaak word, in ’n japtrap laat regmaak. Dit beteken dat beide jou skedonk en nuwe kar goed kan lyk!

Waarvoor kan ek eis?

Jy word gedek vir die herstel van

  • splinters
  • klein duike en
  • ligte krapmerke aan jou kar.

Aanvangsfooi

As dit die eerste Stampvol-polisproduk is wat jy deur Virseker koop, sal jy ’n aanvangsfooi betaal wat op jou skedule aangedui is. As dit egter nie jou eerste Stampvol-polisproduk deur ons is nie, hoef jy nie ’n aanvangsfooi te betaal nie.

Wat word nie gedek nie?

Jy sal nie dekking vir die volgende ontvang nie:

  • skade wat nie as ’n “splinter”, “klein duikie” of ’n “ligte krapmerk” beskryf kan word nie;
  • skade wat deur hael veroorsaak is;
  • skade wat voor die begin van die polis opgedoen is (bestaande skade);
  • skade aan plakkers;
  • skade aan lyswerk of vormwerk;
  • eise wat die maksimum vergoedingsbedrag minus die bybetaling oorskry, en dit sluit BTW in. Albei bedrae word op die skedule genoem;
  • skade wat bybehore, deur-vormwerk, venster-vormwerk, lampe van enige soort, of enige vensterpanele insluit;
  • skade as gevolg van roes;
  • herstel van enige paneel of deel van ’n paneel wat geskeur is;
  • vervanging van enige paneel of deel van ’n paneel;
  • aanspreeklikheid aan ander partye;
  • gevolglike skade of verlies;
  • skade of verlies wat deur kernmateriaal of kernaktiwiteite veroorsaak is;
  • skade wat veroorsaak is deur oorlog, siviele aksies, arbeidsversteurings, oproer, staking, uitsluiting of openbare versteurings; en
  • skade wat deur enige vorm van terrorisme berokken is.

Wat is my verpligtinge as ’n polishouer?

As jy nie al die volgende verpligtinge nakom nie, mag jou dekking gekanselleer word.

Jou verpligtinge:

  • Dis is in jou belang om aan al ons billike versoeke te voldoen.
  • Dit is in jou eie belang om alle billike voorsorg te tref om die kar in ’n goeie en padwaardige toestand te hou, asook om alle billike voorsorg te neem om verlies en skade te minimaliseer of te voorkom.
  • Dit is in jou eie belang om alle materiële feite akkuraat en volledig weer te gee. Jy is verantwoordelik vir alle antwoorde, verklarings en enige ander inligting wat jy voorsien.
  • Verkeerde inligting, nie-openbaarmaking of wanvoorstelling van inligting kan die versekeraar beïnvloed op enige eise voortspruitend uit jou versekeringskontrak. Dit kan ook die versekeraar se keuse beïnvloed om polisvoordele aan te bied, of om jou polis te aanvaar of af te keur.
  • Dit is baie belangrik dat jy ons so gou as moontlik laat weet van enige besonderhede wat verander van dít wat op jou skedule gemeld word. Indien dit nie gedoen word nie, kan dit meebring dat jou eis afgekeur word.
  • Voordele mag ook nie aan jou verskaf word as jy nie die verpligtinge van jou versekeringskontrak nakom nie.

Betwiste eise

Nadat ons jou laat weet wat ons oor jou eis besluit het, het jy 90 dae om jou sê te sê (vertoë aan te teken). As jy dit nie in hierdie tyd doen nie, sal ons nie die betwiste eise heroorweeg nie. As ons wel vertoë ontvang, sal die besluit heroorweeg word en sal ons jou laat weet wat die uitkoms is.

Indien ons, ná hersiening, nie jou eis of ’n deel daarvan vergoed nie en jy steeds ontevrede is, moet jy binne ses maande ná afloop van die bogenoemde 90 dae, geregtelike prosesstukke teen ons voorlê. As jy nie aan hierdie tydsbeperking voldoen nie, sal jy verhinder word om met regsprosedure voort te gaan.

Hoe maak ek veranderinge?

  • Bel Virseker by 0860 09 46 24.
  • Enige veranderings of kansellasies wat jy maak sal geldig wees vanaf die tyd en datum soos ooreengekom.
  • Ons behou die reg om jou polis te verander of te kanselleer deur jou 30 dae skriftelike kennis te gee

Hoe werk my paaiemente?

Jou polis is ’n maandelikse polis en moet vooruit betaal word op die aftrekdatum(s) soos dit op jou skedule gemeld word.

Premieverpligtinge

  1. Jou Opknapper-plan bied vir jou maandelikse versekering en jy moet daarom die premie maandeliks vooruit betaal, op die aftrekdatum soos wat dit op die skedule verskyn. Jou premieverpligtinge word in jou skedule onder “Betalingsbesonderhede” uiteengesit. Hier sal jy besonderhede vind omtrent die betaalbare premie, die betaalwyse en die datum waarop betaling verskuldig is.
  2. Neem asseblief kennis dat ons ooreengekom het om die premie deur ’n debietorder te verhaal en dat die eerste aftrekking ’n aanvangsfooi sal insluit. ’n Aftrekking sal op dieselfde dag van elke maand plaasvind. As enige aftrekdatum waarop ons ooreengekom het oor ’n naweek of openbare vakansiedag val, mag jou debietorder vir ’n vroeër datum geskeduleer word. Indien ons nie jou premie op jou gewone betaaldatum ontvang nie, sal ons jou 15 dae grasie gee en dan weer ‘n debietorder loods. Die polis sal gekanselleer word as jou premie vir twee opeenvolgende maande teruggestuur word. Premies wat dan tot op datum aan jou versekeraar betaal is, sal nie aan jou terugbetaal word nie.

Gestaakte betalings

Wanneer jou dekking onderbreek word omdat jy jou bank instruksie gegee het om jou debietorder te staak, word die polis onmiddellik gekanselleer.

Hoe eis ek?

  • Bel die Virseker Opknapper-eiselyn by 0860 09 46 24.
  • Geen papierwerk nie – alle eise word telefonies hanteer

Bybetaling

’n Bybetaling sal betaalbaar wees vir elke besoek; hierdie bedrag word op jou skedule getoon.

Waarborg

Alle herstelwerk het ’n drie-jaar waarborg.

Wagtydperk

’n Wagtydperk is ’n tydperk waartydens geen dekking voorsien word nie, maar die maandelikse premie steeds betaalbaar is. Hierdie tydperk is 90 dae, indien jy nog nie jou kar laat inspekteer het nie. As jy die kar binne 30 dae ná die aanvang van die polis laat inspekteer, sal die wagtydperk opgehef word.

Wysigings

Bel 0860 09 46 24 om jou polis te wysig of te kanselleer. Enige wysiging of kansellasie wat jy maak sal geldig wees vanaf die dag waarop daar ooreengekom is. Ons behou die reg om jou polis te verander of te kanselleer deur jou 30 dae kennis te gee. Ons mag jou kennis gee deur jou te skakel, per faks of deur pos aan die laaste posadres, soos dit aan ons bekend is.

Administrasie and Navrae:

0860 09 46 24