Let Wel

Kompetisie Bepalings En Voorwaardes

Virseker, ‘n produk van Auto & General, gee elke maand aan 5 (vyf) gelukkige Virseker polishouers die geleentheid om R 10,000.00 (tien duisend rand) kontant te wen.


Die promotor van die kompetisie is Virseker, ‘n produk van Auto and General
Versekeringsmaatskappy Beperk (Registrasie nommer:1973/016880/06), ‘n gemagtigde finansiele diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354). Auto and General se kantore is gelee by Auto & General Park, 1 Telesure Lane, Riverglen, Dainfern, 2191.


KOMPETISIE-TYDPERK
1 Die kompetisie begin op 1 Januarie 2019 en sal op ‘n maandelikse basis voortduur tot en met Virseker en / of Auto and General besluit om die kompetisie te beeindig.


WIE MAG AAN DIE KOMPETISIE DEELNEEM
2 Die kompetisie is oop vir bestaande en nuwe Virseker polishouer wie se dekking aktief is en wie se premies in vol vir ‘n spesifieke maand betaal is.


WIE MAG NIE AAN DIE KOMPETISIE DEELNEEM NIE
3 Die volgende mense mag nie aan hierdie kompetisie deelneem nie.
3.1 direkteure, lede, vennote, agente, werknemers of konsultante van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, Virseker en / of enige maatskappye en
agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer is; en

3.2 die eggenoot, lewensgenoot, besigheidsvennoot, of die natuurlike of aangenome
ouer, kind of onmiddellike familielede van die lede by al die instansies hierbo
genoem.


HOE OM IN TE SKRYF
4 Om in te skryf en te kwalifiseer vir die maandelikse prys/e word daar van polishouers /deelnemers vereis om die minimum vereistes te voltooi soos gestipuleer en kommunikeer deur Virseker aan die Virseker polishouers vir die relevante maand. Hierdie kan, maar is nie noodwendig beperk tot, die volgende vereistes:
4.1 Deur gestipuleerde vraelyste te voltooi wat maandeliks via sms en / of e-pos aan
alle polishouers gestuur word wie se dekking aktief is en premies opbetaald is; en /
of 

4.2 Deur aanlyn te registreer op die Virseker webwerf en alle relevante inligting en afdelings tydens die registrasie proses benodig te voltooi. Auto and General en / of Virseker behou die uitsluitlike reg om volgens hul diskresie die vereistes vir enige gegewe maand te bepaal en sal die verwante vereistes aan polishouers kommunikeer in ‘n gepaste medium.

 

HOEVEEL KEER KAN POLISHOUERS INSKRYF?
5 Polishouers / deelnemers sal slegs kwalifisieer vir een inskrywing per kalender maand per aktiewe polis.

 

PRYS/E
6 Die prys beskikbaar aan ‘n gekose wenner is R 10,000.00 (tien duisend rand) kontant. Die name van 5 (vyf) wenners sal elke maand getrek word.
7 Die polishouer van die relevante aktiewe polis sal die wenner van die prys wees ongeag wie die premie vir die polis betaal.


VEREISTES OM DIE PRYS TE KAN WEN
8 Pryse kan nie omgeruil, oorgedra, of uitgeruil word vir enige ander item of kontant nie.
9 Die verantwoordelikheid en kostes lê by jou om al die nodige dokumente en toestemming te verkry om die prys(e) te ontvang en te kan gebruik vir die nodige tydperk soos voorgeskryf deur die toepaslike owerhede.


10 Auto and General en / of Virseker mag vereis dat jy ons met enige addisionele inligting of dokumentasie verwittig, waar hierdie redelik verlang word, om die prosessering, oorhandiging, aanvaarding en / of gebruik van die prys te verwerk en fasiliteer. Indien jy weier of versuim om die nodige inligting of dokumentasie aan ons te verskaf sal jy afstand doen van die reg tot die prys en sal ‘n nuutverkose wenner gekies word.


OORHANDIGING EN / OF AANVAARDING VAN DIE PRYS
11 Auto and General en / of Virseker sal die nodige reelings tref vir die oorhandiging van die prys en die wenner dienooreenkomstig in kennis stel.
12 Oorhandiging en / of aanvaarding van die prys kan tot en met twee neem nadat kennis aan die wenner gegee is.


HOE SAL WENNERS IN KENNIS GESTEL WORD
13 5 (vyf) Wenners sal elke maand getrek word. Die trekking sal op die vyftiende dag van elke maand plaasvind, mits die vyftiende op ‘n naweek of publieke vakansie dag val, in watter geval die trekking op die eerste besigheids dag na die naweek of publieke vakansie dag sal geskied.
14 Wenners sal by wyse van ‘n e-pos, sms of telefoniese oproep binne 30 dae van die
trekkingsdatum vir die relevante maand in kennis gestel word.
15 Wenners kan uitgenooi word om aan ‘n prys oorhandigingseremonie deel te neem wat deur Auto and General en / of Virseker gehou word.


WAT GEBEUR INDIEN DIE WENNER NIE GEKONTAK KAN WORD OF DIE PRYS KAN AANVAAR NIE
16 Auto and General en / of Virseker sal drie pogings maak, binne ‘n 72-uur periode, aan die kontakbesonderhede verskaf om die wenner te kontak. Sou die wenners nie binne die 72-uur tydperk bereik kan word na afloop van die kompetisie nie, sal die wenner afstand doen tot die reg tot die prys en behou Auto and General en / of Virseker die reg om die pryse oor te dra na ’n nuut verkose wenner.


GRONDE VIR DISKWALIFIKASIE
17 Indien dit onwettig is vir Auto and General en / of Virseker om ’n prys aan jou te lewer kan jy dit nie wen nie, en sal jy die prys verbeur.

18 Indien jy nie aan die bepalings en voorwaardes voldoen nie, kan Auto and General en / of Virseker, sonder benadeling van enige ander middel wat ons besit, jou outomaties diskwalifiseer, wat beteken dat jy die prys sal verbeur (indien jy klaar gewen het);
19 Indien Auto and General en / of Virseker kennisgewing ontvang dat die premie vir die relevante maand nie ontvang is nie nadat die wenner aangekondig en die prys oorhandig is, sal die prys van die wenner af terug geeis word en ‘n nuutverkose wenner getrek word.


ALGEMEEN
20 Jou deelname aan die kompetisie en die ontvang van die prys(e) (sou jy wen) is afhangend van jou bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes, beide vir jouself en die individue met wie jy die prys gaan deel, (sou die prys vir jou en ’n addisionele persoon “jou metgesel” wees).
21 As jy ’n selfoon gebruik om in te skryf vir die kompetisie, sal jou standaard netwerktariewe geld sou jy bel, SMS of data gebruik. Jou “vernietminute” geld nie.
22 Die verantwoordelikheid lê by jou om te verseker dat Auto and General en / of Virseker jou inskrywing ontvang voor die kompetisie se sluitingsdatum. Enige inskrywings wat Auto and General en / of Virseker ontvang na die sluitingsdatum sal nie in aanmerking gebring word nie, ongeag van die rede waarom dit laat is. Die maatskappye kan nie vir die volgende aanspreeklik gehou word nie:
22.1 verlore, laat, vertraagde, misplaaste, onverstaanbare of onvoltooide inskrywings;
22.2 probleme of foute indien enige telefoniese, elektroniese, sagteware, internet,
netwerk of rekenaarverwante kommunikasie, oordrag of komponent wanfunksioneer;

22.3 enige kwessies wat veroorsaak word deur omstandighede buite ons beheer en wat
kan lei tot ontwrigting of omverwerping van enige aspek van die kompetisie; en
22.4 indien enige komponent in die kommunikasieproses wanfunksioneer en ’n inskrywing as gevolg hiervan nie ontvang word nie.

23 Auto and General en / of Virseker neem geen verantwoordelikheid vir enige beserings of skade wat jy en / of jou besitting asook die van enige ander persoon opdoen tydens die inskrywing van hierdie kompetisie of wanneer jy addisionele materiaal vir hierdie kompetisie bekom nie.
24 Die verantwoordelikheid lê by jou om te verseker dat die inligting wat Auto and General en / of Virseker van jou ontvang korrek, opdatum en volledig is. Indien dit vorendag kom dat enige inligting wat jy deurgegee het ongeldig, onakkuraat, onwaar of misleidend was, sal jy jou inskrywing verbeur en sal jy verbied word om aan enige verdere Auto and General en / of
Virseker kompetisie vir ‘n vasgestelde tydperk in hul eie diskresie deel te neem.
25 Auto and General en / of Virseker gee geen waarborg of vertoë, hetsy uitdruklik of implisiet, in verband met die prys(e) nie asook in besonder maar nie uitsluitlik nie dat:
25.1 jou deelname en / of inskrywing in die kompetisie sal beteken dat jy ’n prys sal wen nie;

25.2 die prys(e) asook die dele daarvan jou en jou metgesel (indien van toepassing) se standaarde, vereistes, verwagtinge of voorkeure sal ontmoet nie; of

25.3 die prys(e) asook die dele daarvan betroubaar, bevredigend, stiptelik, veilig en vry van gebreke sal wees nie.

26 Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige eise, nadelige effekte, skade of verlies met die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie, asook vir geen veranderinge tot die prys(e) wat enige tyd bygebring kan word nie.
27 Auto and General en / of Virseker kan die wenners uitnooi om hul samewerking te gee en deel te neem aan al die maatskappye se openbare of media geleenthede wat verband hou met die kompetisie. Wenners sal ook uitgenooi word om uit te vind of hul besonderhede op die maatskappye se webwerwe mag verskyn en dat hulle die dienste sal adverteer en bevorder sonder enige betaling. Hierdie uitnodiging mag van die hand gewys word.
28 Auto and General en / of Virseker behou die reg om beide die kompetisie en die prys(e) of enige aspekte daarvan te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer, enige tyd sonder enige kennisgewig vir enige rede wat ons nodig ag. In die geval dat die bogenoemde plaas vind, stem jy in om afstand te doen van alle regte in verband met die hierdie kompetisie en erken dat jy geen eis teen die maatskappye sal hê nie.
29 Jy stem in daartoe dat jou deelname aan die kompetisie, asook jou aanvaarding en / of die gebruik van die prys, of enige aspek daarvan, op jou eie risiko is.
30 Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige skade, verlies, koste of skade (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestrafwende of gevolglike) van enige aard, weens nalatigheid of enige ander oorsake, rakende jou en / of jou metgesel (indien van toepassing) se deelname aan die kompetisie en / of die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e) en / of die optrede van die maatskappye binne die perke van die bepalings en voorwaardes.
31 In die geval van jou dood of die van jou familie, afhanklikes, erfgename, afgevaardigdes of enige ander begunstigdes van jou boedel, stel jy, jou familie, afhanklikes, erfgename, afgevaardiges of enige ander begunstigdes van jou boedel, die maatskappye vry van enige eise van enige aard hetsy as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige besering, verlies, aanspreeklikheid, koste en / of skade wat jy mag ly, ongeag die oorsaak wat deur jou en / of jou metgesel (indien van toepassing) met betrekking tot jou inskrywing in hierdie kompetisie en / of aanvaarding en / of gebruik van die prys teen die maatskappye in gesit is
32 Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van die prys(e) onderhewig is aan die voorwaarde dat:
32.1 al die bepalings en voorwaardes vir beide jouself en jou metgesel (indien van
toepassing) geld en dat julle albei instem om daartoe gebind te wees, daaraan sal
voldoen en sal voortgaan daarmee;

32.2 jy volle verantwoordelikheid neem vir jou metgesel;
32.3 jy stel die maatskappye vry van enige aanvaarding en / of verantwoordelikheid ten
opsigte van enige lyding, skade, of verlies wat jy, jou metgesel of enige derdeparty
opdoen in verband met die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e).
33 Deur aan die kompetisie deel te neem stem jy daartoe in dat Auto and General, Virseker en / of enige partye met hul affilieer of assosieer jou mag skakel vir bemarkingsdoeleindes. Jy is onder geen omstandighede verplig om ‘n versekeringspolis uit te neem by Virseker of enige geaffilieerde maatskappye nie.
34 Vir die doeleindes van hierdie bepalings en voorwaardes, verwys “die maatskappye” na die direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers van:
34.1 Auto and General, Virseker of Telesure; en
34.2 die maatskappye en agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer.

35 Hierdie bepalings en voorwaardes word uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing in
ooreenstemming met die kontrakwette en geskilbeslegting in die Republiek van Suid-Afrika.
36 Auto and General, Virseker en die beoordelaars se beslissings rakende enige kwessies te doen met hierdie kompetisie en bepalings en voorwaardes is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.