Let Wel

Boerewors-burgers

2 min lees tyd
09 September 2022 deur Virseker

Om boerewors op ’n hamburger te sit is eintlik net logies! Hier is Herman Lensing se plan vir boerewors-patties (hulle krimp ook minder).
genoeg vir 6

45 ml olyfolie
1 gekapte ui
1 x 410 g-blik gekapte tamaties 250 ml rooiwyn
1 kg boerewors
6 hout-kebab-stokkies
6 hamburger-broodjies
250 ml volroom-jogurt
4 tamaties, in skywe gesny
1 klein komkommer, in skywe gesny
slaai van jou keuse vir voorsit


Verhit olyfolie tot warm in middelslag- pot en braai ui tot dit begin verbruin. Gooi gekapte tamaties en rooiwyn by en meng deur. Verlaag hitte en prut 8-10 minute of tot dik tamatiesous vorm. Hou eenkant. Verdeel wors in 6 ewe groot stukke en rol elke stuk op in ’n spiraal. Steek twee kebab- stokke deur elke spiraal. Kry kole medium-warm en braai wors stadig tot goudbruin en gaar. Halveer broodjies oorlangs en smeer elke broodhelfte met lepel vol jogurt. Pak tamatie- en komkommerskywe op onderste helfte van gesnyde broodjies. Plaas gebraaide worsspiraal op broodjies en trek stokkies uit. Skep lepel tamatiesous op elke worsspiraal en plaas hand vol slaaiblare bo-op. Bedek met boonste deel van broodjie. Sit voor.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!

Verwante Blogs