Let Wel

Virseker Beeld Trofee - Bepalings en Voorwaardes

2 min lees tyd
10 Mei 2016 deur Virseker

1. Jou deelname aan die kompetisie en die ontvang van die prys(e) (sou jy wen) is afhangend van jou bindende     aanvaarding van die bepalings en voorwaardes.

 

2. Die volgende lys mense mag nie aan hierdie kompetisie deelneem nie:

Lede of werkers van:

2.1. Auto & General, Virseker, Upstream, Telesure, Beeld, of Action Ford;

2.2. die maatskappye en agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer;

2.3. enige partye wat borgskappe toestaan en die maatskappye of agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; en

2.4. die onmiddellike familielede van die lede of werkers by al die instansies hierbo genoem.

3. Geen deelnemers jonger as 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie.

 

4. Deelnemers kan inskryf deur hul naam, van en die skool wat hulle nomineer na 49017 te SMS. Deelnemers kan ook ekstra inskrywings kry deur die Beeldbylaag vraag elke Maandag te antwoord en na 49017 te SMS.

 

5. Die verantwoordelikheid lê by jou om te verseker dat ons jou inskrywing ontvang voor die kompetisie se sluitingsdatum. Enige inskrywings wat ons ontvang na die sluitingsdatum sal nie in aanmerking gebring word nie, ongeag van die rede waarom dit laat is. 

 

6. Die maatskappye kan nie vir die volgende aanspreeklik gehou word nie:

6.1. verlore, laat, vertraagde, misplaaste, onverstaanbare of onvoltooide inskrywings;

6.2. probleme of foute indien enige telefoniese, elektroniese, sagteware, internet, netwerk of rekenaarverwante kommunikasie, oordrag of komponent wanfunksioneer;

6.3. enige kwessies wat veroorsaak word deur omstandighede buite ons beheer en wat kan lei tot ontwrigting of omverwerping van enige aspek van die kompetisie; en

6.4. indien enige komponent in die kommunikasieproses wanfunksioneer en ’n inskrywing as gevolg hiervan nie ontvang word nie.

 

7. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige beserings of skade wat jy en / of jou besitting asook die van enige ander persoon opdoen tydens die inskrywing van hierdie kompetisie of wanneer jy addisionele materiaal vir hierdie kompetisie bekom nie. 

 

8. Die verantwoordelikheid lê by jou om te verseker dat die inligting wat ons van jou ontvang korrek, tot op datum en volledig is. 

 

9. Enige addisionele kostes wat jy aangaan anders as die gespesifiseerde kostes wat genoem en ingesluit is in die prys, is vir jou eie rekening. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige kostes wat jy tydens die verloop van die kompetisie en inskrywing of die ontvang of en gebruik van die prys(e) nie.

 

10. Ons gee geen waarborg of vertoë, hetsy uitdruklik of implisiet, in verband met die prys(e) nie asook in besonder maar nie uitsluitlik nie dat:

10.1. jou deelname en / of inskrywing in die kompetisie sal beteken dat jy ’n prys wen nie; 

10.2. die prys(e) asook die dele daarvan jou standaarde,  vereistes, verwagtinge of voorkeure sal ontmoet nie; of

10.3. die prys(e) asook die dele daarvan betroubaar, bevredigend, stiptelik, veilig en vry van gebreke sal wees nie.

 

11. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige eise, nadelige effekte, skade of verlies met die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie, asook vir geen veranderinge tot die prys(e) wat enige tyd bygebring kan word nie.  

 

12. Pryse kan nie omgeruil, oorgedra, of uitgeruil word vir geld of enige ander item nie.

 

13. Indien dit onwettig is vir ons om ’n prys aan jou te lewer kan jy dit nie wen nie, en sal jy die prys verbeur.   

 

14. Die verantwoordelikheid en kostes lê by jou om al die nodige dokumente en toestemming te verkry om die prys(e) te ontvang en te kan gebruik vir die nodige tydperk soos voorgeskryf deur die toepaslike owerhede. Hierdie dokumente kan insluit, maar is nie uitsluitlik toepaslik op, die nodige reis (beide nasionaal en internasionaal, soos toepaslik) en verblyf dokumente, byvoorbeeld paspoort en visum, om die prys(e) te kan geniet nie.

 

15. Ons behou die reg om jou te vra vir die nodige en addisionele inligting, binne perke,  sodat ons die oorhandiging aan jou en jou gebruik van die prys(e) kan verwerk en fasiliteer.   

 

16. Die wenner stem in om hul samewerking te gee en deel te neem aan al die maatskappye se openbare of media geleenthede wat verband hou met die kompetisie. Die wenner  stem ook in dat hul besonderhede op die maatskappye se webwerwe mag verskyn en dat hulle die  dienste sal adverteer en bevorder sonder enige betaling.

 

17. In die geval dat die prys deur ’n derdeparty hanteer word, sal hulle jou kontak en julle sal saam op ’n geskikte afleweringstyd en -plek besluit. Die onus lê by jou om die prys te ontvang soos afgespreek. Alle korrespondensie met betrekking tot die prys moet gerig word aan die verskaffer daarvan. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige verdere korrespondensie, eise, nadelige effekte, skade of verlies rakende die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie.

 

18. Die maatskappye as ook die derdeparty verskaffer behou die reg om beide die kompetisie en die prys(e) of enige aspekte daarvan te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer enige tyd sonder enige kennisgewig vir enige rede wat ons nodig ag. In die geval dat die bogenoemde plaas vind, stem jy in om afstand te doen van alle regte in verband met die hierdie kompetisie en erken dat jy geen eis teen die maatskappye sal hê nie.

 

19. Jy stem in daartoe dat jou deelname aan die kompetisie, asook jou aanvaarding en / of die gebruik van die prys, of enige aspek daarvan, op jou eie risiko is.

 

20. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid en neem geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, koste of skade (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestrafwende of gevolglike) van enige aard, weens  nalatigheid of enige ander oorsake, rakende jou deelname aan die kompetisie en / of die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e) en / of die optrede van die maatskappye binne die perke van die bepalings en voorwaardes. 

 

21. In die geval van jou dood of die van jou familie, afhanklikes, erfgename, afgevaardigdes of enige ander begunstigdes van jou boedel, stel jy die maatskappye vry van enige eise van enige aard hetsy as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige besering, verlies, aanspreeklikheid, koste en / of skade wat jy mag ly, ongeag die oorsaak wat deur jou met betrekking tot jou inskrywing in hierdie kompetisie en / of aanvaarding en / of gebruik van die prys teen die maatskappye in gesit is

 

22. Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van die prys(e) onderhewig is aan die voorwaarde dat:

22.1. al die bepalings en voorwaardes vir jouself geld en dat jy instem om daartoe gebind te wees, daaraan sal voldoen en  sal voortgaan daarmee;

22.2.  jy stel die maatskappye vry van enige aanvaarding en / of verantwoordelikheid ten opsigte van enige lyding, skade, of verlies wat jy  of enige derdeparty opdoen in verband met die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e); en

 

23. Indien jy nie aan die bepalings en voorwaardes voldoen nie, kan ons sonder benadeling van enige ander middel wat ons besit:

23.1. jou outomaties diskwalifiseer, wat beteken dat jy die prys sal verbeur (indien jy klaar gewen het);

23.2. jou verantwoordelik hou vir enige skade of verlies wat die betrokke maatskappye lei, asook al die regskoste (insluitende prokureur en eie kliënt koste) wat kan oploop indien enige stappe geneem word teen jou rakende nienakoming; en

23.3.  jou verantwoordelik hou vir enige eise deur enige persoon, (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglik) van enige aard, in die geval van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige dood, besering, verlies en / of skade wat gely kan word, ongeag die oorsaak in verband met jou  nienakoming. 

 

24. Vir die doeleindes van hierdie bepalings en voorwaardes, verwys “die maatskappye” na die direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers van:

24.1. Auto & General, Virseker, Upstream, Telesure, Beeld, of Action Ford;

24.2. die maatskappye en agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; en

24.3. enige partye wat borgskappe toestaan

 

25. Hierdie bepalings en voorwaardes word uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing in ooreenstemming met die kontrakwette en geskilbeslegting in die Republiek van Suid-Afrika.

 

26. Die maatskappye en die beoordelaars se beslissings rakende enige kwessies te doen met hierdie kompetisie en bepalings en voorwaardes is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

 

27. Die prys is ʼn 2016 Ford Tourneo-bus ter waarde van R571 000, wat die skool met die meeste nominasies sal ontvang, om vir ‘n jaar lank vanaf ontvangsdatum mee rond te kan ry, waarna dié skool die keuse het om die bus te koop of terug te besorg aan Action Ford.

 

28. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.

 

29. Indien daar na drie probeerslae binne twee dae nog geen kontak gemaak is nie, sal die prys(e) oorgedra word na ’n nuut verkose wenner.

 

30. Deelnemers kan inskryf deur hul naam, van en die skool wat hulle nomineer na 49017 te SMS. Deelnemers kan ook ekstra inskrywings kry deur die Beeldbylaag vraag elke Maandag te antwoord en na 49017 te SMS.

 

31. Die wenner se inskrywing sal in ‘n trekking via Microsof Excel gedoen word, uit alle inskrywings ontvang gedurende die kompetisiedatums.

32. Daar is geen limiet aan die hoeveelheid keerwat ʼn deelnemer mag inskryf nie.

 

33. Persone wat in die voorafgaande 6 (ses) maande voor die begin datum van die kompetisie ‘n wenner was van enige ander kompetisie wat deur Virseker aangebied is, kan nie vir hierdie kompetisie inskryf en/of die prys wen nie.

 

34. Deelnemers hoef nie ’n lid van Virseker te wees nie.

 

35. Die kompetisie open die 17de Mei 2016 en sluit die 20ste Augustus 2016.

 

36. Die wenner sal op die 27ste Augustus 2016 bekend gemaak word.

 

37. Deur te kies om deel te neem aan die verwysingsveldtog, stem die party daartoe in om kommunikasie van Upstream Advertising (Edms) Bpk asook hulle vennote en onderskeie handelsmerke te ontvang.

 

38. Virseker is 'n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, 'n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354). 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!

Verwante Blogs