Let Wel

Afrikaans Is Groot In Kaapstad Bepalings en Voorwaardes

2 min lees tyd
30 September 2016 deur Virseker

Virseker en Afrikaans is Groot 2017 kaartjieveldtog

  • Geen personeellid van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk en/of Virseker en/of Afrikaans is Groot en/of enige geassosieerde maatskappye/agentskappe van die maatskappye asook enige familielede van enige van die bogenoemde partye mag aan die veldtog deelneem nie.
  • ʼn Persoon kan ʼn stel dubbelkaartjies na een van die drie vertonings by Grand West Arena in Kaapstad wen mits hy/sy ʼn verpligtingsvrye kwotasie voltooi.
  • Almal wat die op een dag inskryf, sal in dieselfde trekking wees. Daar is tien wenners ’n dag.
  • Die kompetisie begin op 13 Maart 2017 en sluit op 16 Maart 2017.
  • Die datums van die vertonings is 17 Maart 2017 om  19:00 en 18 Maart 2017 om 13:00 en 19:00.
  • Geen persone onder die ouderdom van 21 jaar mag ’n kwotasie aanvra nie.
  • 'n Individu kan net een kwotasie aanvra en een stel dubbelkaartjies wen.
  • Deur te kies om deel te neem aan dié veldtog, stem die party daartoe in om kommunikasie van Upstream Advertising (Edms) Bpk asook hulle vennote en onderskeie handelsmerke te ontvang.
  • Kaartjies is oordraagbaar en sal via e-pos aan individue gestuur word.
  • Kaartjies is nie vir kontant omruilbaar nie.
  • Die kaartjies se vertonings is vas en kan nie uitgeruil word nie.
  • Volgens die Inkomstebelastingwet, no 58 van 1962, moet daar belasting op die kaartjies betaal word deur die individu:
  • ’n Individu kan een van 10 stelle dubbelkaartjies ’n dag wen, vir 4 dae. Daar is 80 kaartjies om weg te gee, aldus 40 wenners altesaam.

1. Wanneer ʼn individu suksesvol die verpligtingvrye kwotasies voltooi het, sal die deelnemer gevra word vir sy/ haar belasting besonderhede.

2. Sodra die besonderhede ontvang word, sal die nodige gelde aan die SAID betaal word en ʼn IRP 5 sal gegenereer word.

3. Die kaartjies sal aan die individu gestuur word sodra al die nodige besonderhede ontvang is.

4. Dit bly die individu se verantwoordelikheid om te verseker dat sy/ haar belasting in orde is en geen aanspreeklikheid word daarvoor aanvaar nie.

  • Persone wat kaartjies ontvang stem daartoe in om met Virseker saam te werk indien daar enige deelnemer blootstelling in terme van openbare verhoudinge sou plaasvind.
  • Virseker behou die reg om die veldtog enige tyd te beëindig.
  • Individue se besonderhede sal in ’n trekking geplaas word sodra ’n kwotasie voltooi is en die nodige inligting ontvang is. Daar word geen waarborge gegee dat indien die kwotasie voltooi word, kaartjies uitgereik sal word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar sou al 80 kaartjies reeds geallokeer wees en ʼn persoon daarna eers gekwoteer word nie.
  • Enige verbreking of poging tot verbreking van enige van die bogenoemde bepalings en voorwaardes sal die onmiddellike diskwalifikasie van die deelnemer tot gevolg hê.

Geen deelnemer aan of wenners van die kompetisie sal op enige manier verplig word om ’n versekeringspolis by Virseker of enige geaffilieerde maatskappye uit te neem nie.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!

Verwante Blogs