Let Wel

Afrikaans Is Groot Bepalings en Voorwaardes

2 min lees tyd
30 September 2016 deur Virseker

Virseker en Afrikaans is Groot 2018 kaartjieverwysingsveldtog

  • Geen personeellid van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk en/of Virseker en/of Afrikaans is Groot en/of enige geassosieerde maatskappy/agentskappe van die maatskappy asook enige familielede van enige van die bogenoemde partye mag aan die veldtog deelneem nie.
  • ʼn Persoon sal ʼn stel dubbelkaartjies na een van die 9 vertonings by Menlyn Time Square Arena in Pretoria ontvang mits hy/sy twee mense verwys na Virseker om ʼn verpligtingsvrye kwotasie te voltooi via die Virseker inbelsentrum en indien daar twee kwotasies gegenereer word uit die verwysingskontakte. 
  • Die datums van die vertonings is as volg:
    • 23 November 2018
    • 24 November 2018
    • 25 November 2018
    • 29 November 2018
    • 30 November 2018
    • 1 Desember 2018
    • 2 Desember 2018
  • 'n Individu kan nie hom-/ haarself verwys om ʼn kwotasie te kry nie.
  • Enige persoon kan verwysings instuur en dit word glad nie beperk tot Virseker polishouers nie.
  • Geen persone onder die ouderdom van 21 jaar mag verwysings verskaf nie.
  • Geen persone onder die ouderdom van 21 jaar mag as ‘n verwysing gegee word nie.
  • Die verantwoordelikheid lê by die individu om te verseker dat die verwysings ontvang word. Virseker aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verwysings wat nie ontvang is nie, ongeag van die rede daarvoor. 
  • ʼn Verwysing sal nie na Virseker gestuur word sonder dat die toestemming van so ʼn verwysing gekry is om sy/haar kontak besonderhede te deel nie.
  • Die persone sal via e-pos in kennis gestel word wanneer hulle verwysings kwotasies voltooi het.
  • 'n Individu kan ʼn maksimum van 10 verwysings instuur, ongeag van die hoeveelheid kaartjies ontvang. 
  • 'n Individu kan ʼn maksimum van drie dubbelkaartjies ontvang. 
  • Deur te kies om deel te neem aan die verwysingsveldtog, stem die party daartoe in om kommunikasie van Upstream Advertising (Edms) Bpk asook hulle vennote en onderskeie handelsmerke te ontvang.
  • Kaartjies is oordraagbaar en sal via e-pos aan individue gestuur word.
  • Die kaartjies se vertonings is vas en kan nie uitgeruil word nie. 
  • Volgens die Inkomstebelastingwet, no 58 van 1962, moet daar belasting op die kaartjies betaal word deur die individu:

1. Wanneer ʼn individu twee persone suksesvol verwys het en hulle die verpligtingvrye kwotasies voltooi het, sal die deelnemer gevra word vir sy/ haar belasting besonderhede.

2. Sodra die besonderhede ontvang word sal die nodige gelde aan die SAID betaal word en ʼn IRP 5 sal gegenereer word.

3. Die kaartjies sal aan die individu gestuur word sodra al die nodige besonderhede ontvang is.

4. Dit bly die individu se verantwoordelikheid om te verseker dat sy/ haar belasting in orde is en geen aanspreeklikheid word daarvoor aanvaar nie.

  • Persone wat kaartjies ontvang stem daartoe in om met Virseker saam te werk indien daar enige deelnemer blootstelling in terme van openbare verhoudinge sou plaasvind.
  • Die veldtog begin om 8 Oktober  2018.
  • Die veldtog sluit sodra 300 stelle dubbelkaartjies uitgereik is.
  • Virseker behou die reg om die veldtog enige tyd te beëindig. 
  • Kaartjies sal geallokeer word sodra twee kwotasies voltooi is en die nodige inligting van die individu ontvang is. Daar word geen waarborge gegee dat indien verwysings verskaf word, kaartjies uitgereik sal word nie. Die uitreiking van die kaartjies is onderhewig daaraan dat minstens twee verwysings kwotasies moet kry. Geen verantwoordelikheid word aanvaar sou al 300 kaartjies reeds geallokeer wees en ʼn persoon se verwysings word daarna eers gekwoteer nie.
  • Enige verbreking of poging tot verbreking van enige van die bogenoemde bepalings en voorwaardes sal die onmiddellike diskwalifikasie van die deelnemer tot gevolg hê.
Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!

Verwante Blogs