Voertuigprodukte

Karversekering
Jy weet nooit wat die noodlot in die mou voer nie, daarom bied ons motorversekering produkte aan soos: Omvattende, Derdeparty, Brand en Diefstal-, en BeterMotor-versekering.
Veldbakkieversekering
Jou veldbakkie is blootgestel aan unieke risiko’s – dis hoekom ons ʼn omvattende produk geskep het wat dit perfek pas wat dekking vir bykomstighede insluit.
Motorfietsversekering
Of jou motorfiets jou stokperdjie of jou pendelvoertuig is, kort dit ons omvattende dekking, wat onder andere ook 24-uur bystandprodukte insluit.
Karavaan- en sleepwaentjieversekering
Dinge wat skeefloop op pad na die kampterrein het die potensiaal om jou vakansie te versuur. Daarom bied ons omvattende dekking vir jou karavaan, sy inhoud en jou sleepwaentjie.
Watertuigversekering
Virseker se Watertuigversekering dek van bote tot waterponies – nie net wanneer die watertuie op die water is nie, maar ook wanneer jy hulle padlangs vervoer.
Wiel- en bandbeskerming
Nuwe bande kos baie – dis hoekom dit belangrik is om dit te dek met ons Wiel- en Bandbeskermingsproduk. Kliek hier vir die Wiel- en Bandbeskermingbrosjure.