KLIEK HIER vir 'n kwotasie
of gesels met 'n konsultant en skakel: 0860 08 36 77
  • kar
  • huis
  • gebou
As jou motor voete kry of afgeskryf is, kan daar groot skade aan jou sak wees. Selfs net ’n ligte ou stampie aan jou motor (of iemand anders s’n), is genoeg om jou teen die mure uit te dryf. Dis hoekom Virseker jou lekker keuses gee wanneer dit by jou motorversekering kom. Behalwe vir die drie verskillende tipes motorversekering , is daar boonop drie verskillende gebruike waaronder jy jou motor kan verseker. Virseker, sorg ons vir ons mense in hul taal.

Voor ons nou die verseker-bul by die horings pak, moet ons jou ook net sê dat jy darem, behalwe vir jou Kar , ook jou Karavaan, Watertuig, Gholfkarretjie, Sleepwaentjie en Motorfiets deur Virseker kan dek.

KLIEK HIER om meer te lees KLIEK HIER vir 'n kwotasie
Alarms dien ’n goeie en geraserige doel wanneer iemand by jou huis inbreek. Die probleem is dat, teen die tyd dat iemand daaraan gehoor gee, die boewe gewoonlik al reeds met jou tekkies in die straat af hol en jou kosbare besittings ook skoonveld is. Jy het geen werklike manier om dit te voorkom nie, maar jy kan virseker voorsorg tref vir as dit ooit sou gebeur.

Vul jou besonderhede hieronder in om ’n Huisinhoud Versekeringskwotasie te kry en ons maak seker dat jou tekkies nie permanent voete kry nie. Bepalings en voorwaardes geld natuurlik, né!

KLIEK HIER om meer te lees KLIEK HIER vir 'n kwotasie
As jy ’n huis na elkeen se raad bou, is hy krom. Dis waarom jy na niemand anders as jou eie mense in jou eie taal moet luister wanneer dit by Gebouversekering kom nie. Behalwe vir die stuktuur van jou huis, kan jy verder als binne jou geboue ook verseker deur ’n opsionele, addisionele Huisinhoud- en Karpolis uit te neem – selfs al is jou kar nie binne die gebou nie!

KLIEK HIER om meer te lees KLIEK HIER vir 'n kwotasie
Afrikaans val waaragtig lekker op die tong – of jy nou Ofrikôns, of Afrikêns gesels, ons wil jou in jou eie taal verseker. So maak jou tuis. Daar’s versekering vir kos in die kas, en jy hoef ook nie bang te wees dat iemand die gemakstoel onder jou gaan uitruk nie. Jy kan ook gerus die karsleutels vat - ons vertrou jou, net soos jy ons vertrou om jou besittings te verseker.

Omdat ons nie wil hê dat sulke Afrikaanse gasvryheid verlore moet gaan nie, bêre ons ’n persentasie van jou premie in die spens – die Virseker Trust. Hiermee sorg ons dat al hoe meer mense jou taal bly verstaan.

Virseker bied jou versekering vir die hele kaboedel:

 Motor
 Huisinhoud
 Geboue
 en Drabare Besittings

Daar is drie verskillende maniere waarop jy by ons ’n versekeringskwotasie kan kry.

- Vul die kwotasievorm aanlyn in.
- Skakel
- SMS ‘Virseker’ na 43194 en ons skakel jou! SMSe kos R0.50

Omdat ons so ernstig oor ons taal is, sal jy bobaas Afrikaanse diens kry – maak nie saak watter metode jy gebruik nie.

Virseker – jou versekering, jou mense, jou taal.
ONS SAL JOU TERUG SKAKEL

 gesels met 'n konsultant    verkry 'n kwotasie