Virseker Beker 2018

 

Die grootste skolerugbykompetisie vir Noordvaal-skole is terug en beter as ooit!

Ons is vir die derde jaar die trotse borg van hierdie toernooi – ook die oudste in Suid-Afrika. Die Virseker Trust kon, danksy ‘n gedeelte van polishouers se premies wat maandeliks aan dié trust toegeken word, weereens sy volle gewig agter hierdie 98 jaar-oue toernooi gooi.

“Met Virseker nou in ons derde jaar van betrokkenheid by hierdie kompetisie, is dit verblydend om te sien hoe vurig skole, ouers, die publiek, kenners in die rugbywêreld, ons vennote en die media dit ondersteun”, sê Neil van der Walt, woordvoerder van Virseker. “Ons werk in Afrikaans, ons leer in Afrikaans, ons sing in Afrikaans en ons speel eersteklas rugby in Afrikaans.”

Jy kan ook deel wees van die Virseker Beker aksie. kykNET en Kie sal elke Dinsdag vanaf 8 Mei vir 0/15’s en elke Donderdag vanaf 9 Mei vir 0/16’s van die wedstryde uitsaai. Vanaf 19 Mei, sal eerste span wedstryde elke Saterdag regstreeks op KykNET uitgesaai word. Daar sal ook elke Donderdagmiddag vanaf 10 Mei ’n Virseker Beker geselsprogram op KykNET en Kie te siene wees.

Ons hoop jy sien saam met ons uit na ‘n uitstekende 2018-seisoen.