Artikels

 

Titel: Kompetisie Oorsig Makroskole
Deur: Hannes Nienaber

 

Die Noordvaal Virsekerbeker (voorheen Virseker Beeldtrofee) is die oudste skolerugby kompetisie in Suid-Afrika en vir buitestaanders soms ook een van die moeilikstes om te verstaan. School of Rugby het besluit om die onderskeie afdelings van die kompetisie uit te lê.

Daar is vanjaar 22 skole wat mekaar in die Makroskole-afdeling van die reeks die stryd sal aanse. Die verdedigende kampioen, die Hoërskool Garsfontein van Pretoria, het die afgelope twee jaar die titel verower. Die afdeling het een span bygekry met Hugenote van Springs wat van die Grootskole-afdeling opgeskuif het.

Die Blou Bulle het met nege spanne die meeste skole in die afdeling. Die Ligbloues se Makroskole ding om twee afdelings mee. Garsfontein, Waterkloof en Menlopark pak mekaar in die A-afdeling. Klofies het egter besluit om nie vanjaar teen Garsies te speel nie. Die wedstryd tussen Menlopark en Garsfontein sal dus besluit wie die Blou Bulle se kampioen is en ook direk tot die kwarteindronde van die Virsekerbeker deurdring. 

Waterkloof en die verloorder sal dan teen die voorste twee spanne van die Blou Bulle se B-afdeling sake om 'n plek in die streekkompetisie se uitspeelrondes uitspook. In die Blou Bulle se B-afdeling pak Eldoraigne, Zwartkop, HTS John Vorster, Montana, Centurion en Wonderboom mekaar. 

Sedert 2015 neem die Goue Leeus, Valke en die Luiperds se Makroskole teen mekaar in 'n liga deel wat ook twee afdelings het. In die A-afdeling pak Monument van Krugersdorp, EG Jansen van Boksburg, die Hoërskool Rustenburg, Kemptonpark en Florida mekaar.

Die voorste twee spanne van die A-afdeling dring ook direk tot die kwarteindronde van die Virseker Beeldtrofee deur. In die B-afdeling pak Marais Viljoen van Alberton, Noordheuwel van Krugersdorp, Jeugland van Kempton Park, Die Anker van Brakpan en Hugenote van Springs mekaar. Die twee voorste spanne van die afdeling sal dan eers teen die skole in die derde en vierde posisie in die A-afdeling uitspook om 'n plek in die Virsekerbeker se uitspeelrondes.

Die Pumas is vanjaar bo-aan die kompetisie se prioriteitslys wat beteken dat die twee spanne van die Pumas wat tot die uitspeelrondes deurdring op hul tuisvelde teen die ander streke se spanne sal speel. Die Valke is vanjaar onder op die prioriteitslys wat beteken dat spanne uit die streek al sy wedstryde weg van die huis gedurende die uitspeelrondes sal moet speel.

In die Puma-streek speel die Hoërskool Nelspruit se Rhinos, HTS Middelburg se Rooi Bulle en die Hoërskool Middelburg teen mekaar sake uit om die twee plekke van die Pumas in die Virseker Beeldtrofee met die kampioen van wat direk toegang tot die kwarteindronde verkry.