Virseker Beker

Nuwe baadjie vir hoërskoolrugby

Virseker is die trotse hoofborg van die Virseker Beker – die Noordvaal-trofee wat eersteklas skolerugby ondersteun en ontwikkel.

Die borgskap is nommerpas vir ’n organisasie soos Virseker, want ons is voorstaanders van Afrikaans in elke gebied. Van verhoogproduksies soos Afrikaans is Groot tot die bevordering van Afrikaanse onderrig deur die Virseker Trust; ons leef in ons taal.

KykNET & Kie uitsendings Tye:

Ons is opgewonde op hierdie jaar van die Virseker Beker 2017 wedstryd op die televisie te speel. Kyk gerus op kanaal 145 op DSTV na die volgende tye om van die wedstryde, hoogtepunte sowel as ons geselsprogram te geniet:
• 1ste span wedstryde: Maandae 15:30 – 17:00
• Hoogtepunte: Woensdae 16:00 – 17:00
• Geselsprogram: Donderdae 16:00 – 16:30