Ons het ’n ysterperd met jou naam op

 

Virseker is nou die trotse borg van Woema op kykNET.  Hierdie borgskap is nommerpas, want motorfietsversekering–en motorfietsveiligheid – is vir ons baie belangrik.

Om die borgskap te vier, gee ons ’n Honda CRF100L Africa Twin ter waarde van R186 500 weg, en dit vat net een SMS om jou naam in die boerpot te kry! Skryf vandag nog in, en sommer elke dag daarna, want die kompetisie sluit die 31ste Oktober 2017.

Dis heel eenvoudig om in te skryf. SMS die woord “HONDA”, en jou naam en van na 43937. Jy hoef nie ’n Virseker-kliënt te wees om deel te neem nie. Ons bied wel motorfietsversekering sou jy die gelukkige wenner wees!

Lees die bepalings en voorwaardes van die kompetisie hier.