Gatsakbonus

 

Ons weet dat jy elke maand jou premies getrou betaal om te verseker dat jy gedek is sou iets ongewens gebeur, maar soms is die lewe jou genadig en hoef jy nie daardie gevreesde oproep te maak om ʼn eis in te dien nie (alhoewel jy jou eis sommer aanlyn kan indien). Ons voel dis net reg om dankie te sê vir jou lojaliteit. Daarom as jy vir 4 agtereenvolgende jare eisvry bly  gee ons vir jou 25% van hierdie 4 jaar se premies of jou die eerste jaar se premies, watter een ook al die minste is, terug. Al wat jy moet doen om hierdie voordeel te geniet is om dit by jou polis te voeg en jy kan dit aan lyn dophou om seker te maak waar jou gatsak bonus staan.

 

Wat meer is, ons sal ook die volgende produkte insluit by jou polis: 

  • Beskermingsplan
  • Premie-kwytskelding Aflegging
  • Premie-kwytskelding Dood
  • Gevreesdesiekte Premie-kwytskelding
  • MIV-beskerming

 

Wil jy meer lees? Kliek hier vir die Gatsakbonusbrosjure.

 

Wil jy graag deel word van die Virseker familie?