Bystand

 

Ons weet nooit wat om die draai vir ons wag nie en soms is mens ook nie seker wat om te maak as daardie ongelukkie jou getref het nie. Gelukkig staan Virseker jou altyd by in jou donker uur. Daarom sluit ons, ons bystand produkte outomaties by jou motor- (omvattend en derdeparty, brand en diefstal), veldbakkie- en motorfietsversekering as ook by jou geboue- en huisinhoudversekering, maar dan is Padbystand nie ingesluit nie. Kyk hieronder wat jy alles kan geniet.

 

Padbystand

Maak asseblief seker dat jy die nommer vir ons padbystandsdiens op jou foon laai. Die nommer is 0861 33 37 85. As jy die padbystand- en wegsleepdiens-plakker op jou motor wil vertoon, kan jy ’n gratis PDF hier aflaai. Druk dit in kleur, knip dit uit en sit dit in ’n lisensieskyfhouer in jou kar.

Padbystand word beperk tot drie gebeurtenisse per jaar, per versekerde voertuig.


Virseker-Wegsleepdienste

As jou motor nodig het om gesleep te word is ons reg om te help. As jy ons insleepdienste skakel sal ons vir jou ongeluksadvies gee sowel as jou motor na die naaste paneelklopper/werf toe sleep. Onthou net om jou plakker in jou venster te sit.

 

Huisbystand

Huisongelukke is so onverwags soos wat dit onnodig is. Gelukkig is jou dekking deur Virseker so jy weet dat ons die uitroepfooi so wel as die eerste uur se arbeid sal dek van loodgieters, elektrisiëns, vensterpassers en slotslypers. Verder het ons ook 'n databasis van bouers, tuindienste, verwers, ens. om jou na te verwys.

 

Mediese Bystand

In 'n mediese krisis het jy die beste mediese advies nodig om iemand te help of selfs 'n lewe te red. Omdat ons dit verstaan, gee ons jou 24-uur toegang tot telefoniese mediese bystand, padbystand met 'n ongeluk, vervoer van lewensnoodsaaklike medikasie, ens.

 

Regsbystand

Ondersteuning is goed, maar soms het mens die feite nodig. Daarvoor bied Virseker jou telefoniese regs - en belastingadvies vir wanneer jy iemand nodig het wat nie net jou taal nie, maar ook jou situasie verstaan.

 

Traumabystand

In 'n tyd van trauma het mens al die ondersteuning nodig wat jy kan kry. Hierdie diens bied jou onder andere drie beradingsessies, verwysing na groepsterapie, bystand met hofprosesvoorbereiding en verwysing na 'n plek van veilige skuiling.

 

Vermaaklikheidsbystand

Afrikaners het nog nooit hulp nodig gehad om plesierig te wees nie. Maar ons by Virseker wil jou graag help om die beste plekke te kies om by plesierig te verkeer. Hierdie produk lig jou in oor vermaaklikheidsgebeure, die bespreking van hotelverblyf, eetplekke en algemene reisreëlings.

 

Wil jy meer lees? Kliek hier vir die Bystandbrosjure.