Juweleversekering

 

Ons by Virseker wil nou nie spoke opjaag nie, maar het jy al ooit gedink wat jou agter-ouma grootjie aan jou gaan doen as jy daai borspeld verloor?

Seker niks, maar jy gaan wel spyt kry as jy 'n stuk juweliersware verloor wat wel vir jou sentimentele- of sommer net geldwaarde het. Of nog erger, as iemand dit letterlik van jou lyf af steel. Daarom stel ons voor dat jy dit deur Virseker beveilig. Ons kan ongelukkig nie die sentiment vervang nie, maar ons kan dit vervang of die geldwaarde daarvan uitbetaal.

Ons werk jou premie uit volgens die waarde van die juweliersware en die hoeveelheid detail wat jy ons gee, om seker te maak ons betaal jou genoeg uit.

 

Loading

wag asseblief...